Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.1.24] Maar Ek as die oergrond van alle bestaan moes tog uit My oerewige al-lig sien, hoe die hoogheidsgevoel as die oerlig in die mens deur die voortdurende geveg al hoe swakker en swakker sou word, en sodoende as lewenslig ook donkerder en ten einde heeltemal nag sou word, en dat daarvolgens die mense, as Ek na hulle met die ewebeeld wat Ek vir hulle gegee het, sou gekom het, hulle My nie sou erken nie, ten minste ‘n baie groot aantal nie, besonders as Ek suiwer Deus ex machina (‘n God wat skielik optree) heel onverwags en onvoorberei in ‘n beperkte mensevorm na hulle toe sou kom, en Ek dan Self die skuld sou moes dra, dat die onvoorbereide mense op sodanige My aankoms, onmoontlik vir My sou erken het.

[1.1.25] Ja, Ek het dit wel van ewigheid af ingesien en het derhalwe vir die mens reeds sedert sy eerste bestaan toe hy van My geskei het tot My werklike aankoms deur baie duisende sieners, wat gedurende die geveg nie die lig verloor het nie, juis hierdie My aankoms laat voorspel en ook die manier en selfs die plek en die tyd van My aankoms getrou laat aantoon, en tydens My werklike aankoms het Ek groot tekens laat gebeur en het ‘n man opgewek, waarin ‘n hoë oergees woning geneem het, dat hy vir die blindes My aankoms en volle teenwoordigheid op aarde sal verkondig.

Desktop Kommentaar