Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Maar Ek as die oergrond van alle bestaan moes tog uit My oerewige al-lig sien, hoe die hoogheidsgevoel as die oerlig in die mens deur die voortdurende geveg al hoe swakker en swakker sou word, en sodoende as lewenslig ook donkerder en ten einde heeltemal nag sou word, en dat daarvolgens die mense, as Ek na hulle met die ewebeeld wat Ek vir hulle gegee het, sou gekom het, hulle My nie sou erken nie, ten minste ‘n baie groot aantal nie, besonders as Ek suiwer Deus ex machina (‘n God wat skielik optree) heel onverwags en onvoorberei in ‘n beperkte mensevorm na hulle toe sou kom, en Ek dan Self die skuld sou moes dra, dat die onvoorbereide mense op sodanige My aankoms, onmoontlik vir My sou erken het. – Die Groot Johannes Evangelie, Boek 1, Hoofstuk 1, Paragraaf 24

Desktop Kommentaar