Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Joh.01,04] In hom was die lewe, en die lewe was die lig van die mens.

[1.1.13] Dit is mos by verre vanselfsprekend, dat ‘n oergrondbestaan van alle bestaan, die lig van alle lig, die oergedagte van alle gedagte en idees, die oervorm as die ewige oergrond van alle vorms, eerstens nie vormloos en tweedens ook nie dood kon wees nie, aangesien dit (die dood) in die grond van alle gronde die mees krasse teenoorgestelde van enige bestaan voorstel. In daardie woord of lig of in daardie groot gedagte van God in God, en in die grond van alle gronde God Self is, was dus die mees volmaakte lewe. God was dus deur en deur die oerewige, mees volmaakte grondlewe in en uit Homself en dus ook die lewe in die wesens, naamlik in die mense wat uit Hom voortgegaan het; en daardie wesens en mense was dus ‘n volle ewebeeld van die oerlig, wat aan hulle die bestaan, lig en dus ook ‘n lewe wat ten volle aan die ewige oerbestaan gelyk is, gegee het.

[1.1.14] Maar aangesien die oerlewe van God ‘n mees volmaakte vrye lewe is en moet wees, aangesien dit andersins so goed soos geen lewe sou wees nie, en daardie lewe in die geskape wesens een en dieselfde lewe moet wees, andersins dit ook geen lewe en dit dus as ‘n nie-lewe ook geen bestaan kon hê nie, is dit mos net te tasbaar begryplik, dat vir die geskape wesens, die mens, ook net ‘n mees volmaakte vrye lewe gegee kon word, wat homself volkome self voel, maar juis vanuit daardie gevoel ook moes gewaar word, dat hy nie uit homself voortgegaan het nie, maar net as ‘n volmaakte ewebeeld uit God volgens Sy ewig almagtige wil voortgegaan het.

[1.1.15] Hierdie waarneming moes in alle geskape wesens teenwoordig wees, net soos die dat hulle lewe en bestaan ten volle gelyk aan God moet wees, andersins hulle nóg enige lewe, nóg enige bestaan kon gehad het.

Desktop Kommentaar