Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.1.12] Wie nou hierdie baie helder verduidelikte verse ten volle verstaan het, vir hom is vers 4 noodwendig vanself reeds duidelik.

Joh.01,04] In hom was die lewe, en die lewe was die lig van die mens.

[1.1.13] Dit is mos by verre vanselfsprekend, dat ‘n oergrondbestaan van alle bestaan, die lig van alle lig, die oergedagte van alle gedagte en idees, die oervorm as die ewige oergrond van alle vorms, eerstens nie vormloos en tweedens ook nie dood kon wees nie, aangesien dit (die dood) in die grond van alle gronde die mees krasse teenoorgestelde van enige bestaan voorstel. In daardie woord of lig of in daardie groot gedagte van God in God, en in die grond van alle gronde God Self is, was dus die mees volmaakte lewe. God was dus deur en deur die oerewige, mees volmaakte grondlewe in en uit Homself en dus ook die lewe in die wesens, naamlik in die mense wat uit Hom voortgegaan het; en daardie wesens en mense was dus ‘n volle ewebeeld van die oerlig, wat aan hulle die bestaan, lig en dus ook ‘n lewe wat ten volle aan die ewige oerbestaan gelyk is, gegee het.

Desktop Kommentaar