![]() ![]() ![]() ![]() | Resultate 0 - 20 van 68 |
[HG 1.15.5] Waarom moet ek dan boete doen vir my skuld, waarvoor ek nooit iets kon bygedra het nie, aangesien ek net die vrug van sonde, maar nie die oorsaak daarvan is nie - en moes derhalwe die seën, wat vir julle almal ten volle gegee was, ontbeer, en moes vir my moeisaam afsloof, en terwyl julle soos takbokke rondgespring het, was ek belas met die onverdiende vloek van Jehova?! [HG 1.28.23] En sien, hierdie Thahirak het nou, soos ‘n weerlig, begin om ‘n bondige maar geweldige afsluitingstoespraak aan die vergadering te rig, deur te sê: “Broers, wat wys en met krag voor my gepraat het, dat ek tot in die binnenste fondamente van al my boosheid geskud was en het my nietigheid en my onbeperkte swakheid gesien en het al my groot onreg in al my dade en optredes verneem, - ek het dit nie eers nodig, om voor jou wysheid, broer Farak, al my skandalighede op te noem nie, aangesien selfs vir die wat geen wysheid het nie, my amp en vak ten opsigte van alle berugte misdade voldoende bekend is. [HG 1.95.15] Luister, kinders, ek sê dit vir julle: Doen, wat julle goeddink, en Asmahael kan sy toespraak aan die kinders lewer, soos wat dit hom pas; maar die onversadigde honger en dors van my kinders moet hy nie vir my les nie! Want van nou af moet die maag van my gees dwars deur my lewe honger en dors lei; en ek wil geen broodkrummels of druppels van vreemde hand meer afsluk nie, maar net dit wat my eie, innerlike grond vir my sal dra, sal ek eet, en niemand sal meer saameet nie! My nuuskierigheid moet in die moeras van my skuld voor God versmoor, en latere trane van berou moet die uitgedroogde lewe by die vuur van my blinde ywer drenk! En indien ek lankal nie meer sal wees nie, mag God in die nag van die wêreld my rok aantrek, om vir my te red en die wond wat van gif drup, wat my hart se eie slang as dood vir alle mense, wat hierdie aarde sal betree, met sy skerp tande in my vlees gemaak het, genees! [HG 2.236.10] Maar die Here het vir Lamech gesê: "My Lamech, ken jy nog nie die hoofsleutel, waarmee elkeen die groot hek van die ewige lewe, selfs vir homself kan oopsluit nie? [HG 2.236.12] Dus laat ons eers die eerste hoofsleutel probeer maar daarbenewens sal ons ook die tweede sleutel in volle gereedheid hou, - en wees daardeur verseker, dat ons met daardie twee sleutels van die lewe beslis nie sal vassit nie!" [HG 2.236.20] Die Here het nou vir Lamech ‘n bietjie terug geroep en vir hom gevra: "Nou, My liewe Lamech, wat sê jy van hierdie My twee hoofsleutels?" [HG 3.60.4] Toe hierdie reuse ongedierte reeds taamlik hoog bokant die horison gestaan het, het ‘n tallose hoeveelheid kleiner slange gevolg; en almal het nes die hoofslang baie sterk verligte stralende krone op hulle koppe gedra. [HG 3.60.5] Binnekort was die hele hemel met slange aangevul, wat in allerlei windings rondom die hoofslang beweeg het. [HG 3.60.6] Daardie beweging het steeds heftiger en heftiger geword. Daar het letterlik ‘n geveg plaasgevind. Die hoofslang het die kleiner slange begin om te byt, en hulle wat gebyt was, het op die aarde geval, en daar, waar een van hulle neergeval het, het op die aarde ‘n verskriklike brand ontstaan. [HG 3.242.3] Op die hoogte was daar meer as vyftig toegemesselde klowe; maar die slote en klowe het by die voet van die berge meer bymekaar gekom en verenig, en daar was uit twintig slote en klowe net een hoofsloot gevorm. As hierdie een hoofsloot ontoeganklik gemaak was, was daardeur ook alle hoër liggende uitlope van hierdie een hoofsloot van geen nut meer nie. [HG 3.366.40] Laat ons nou die aarde met rus; na duisend jaar sal sy in elk geval weer heel anders daar uitsien! En daarmee laat ons dit goed wees en hierdie verduideliking afsluit, wat Ek vir julle daarom gegee het, dat julle sommige ander dinge uit die Evangelies en die geskrifte van Moses, makliker kan begryp! Amen. [GS 1.13.4] `n Kind, in so `n seremoniële kerk gebore en gedoop, word in geestelike opsig reeds in so `n skommel gelê, en as hy daarin lê, word die skommel ook terstond geleidelik aan in `n steeds groter beweging gesit. Met so `n beweging dink die mens dan dat hy, die hemel weet watter groot vordering maak en hoe hy vooruit kom. Elkeen kan net, met die eerste oogopslag, maklik insien hoe ver so `n reis sal gaan! Tussen twee pilare hang ons lugskip. Die een pilaar beteken die sogenaamde rots van die geloofsleer, die ander pilaar egter die noodsaaklikheid van staat en politiek. Beide is so stewig moontlik geplaas en deur dwarsbalke met mekaar verbind. So gaan die reis tussen hierdie twee pilare dan vervolgens deur, en mens kan hom geen duimbreedte verder beweeg as die tou, waaraan die veelseggende skommel hang, lank is nie. Sommige skommelaars word baie gou mislik en by die eerste ruspunt wat hulle te baat kan neem, spring hulle daaruit. Enkeles keer so `n vervoermiddel vir goed die rug toe. Slegs diegene wie belang het by die skommel bly pro forma daarin sit, laat hulle slegs vir die skyn heel rustig heen en weer trek, en loof en prys so `n beweging, wat volgens hulle buitengewoon goed is vir die gesondheid. Daardeur trek hulle ook vreemdes aan en sê aan diegene wat so dwaas is, om weer in dié vervoermiddel te klim: Wil julle ten volle die genot en dus die volmaakte bevrediging van so `n tog ervaar, dan moet julle julleself laat blinddoek. Aangesien so-iets dan baie dwase verlei om met geblinddoekte oë in die skommel te gaan sit, gebeur dit dan dat hulle entoesiasties begin te roep en sê: Ja, nou begryp ons eers watter groot geheime agter hierdie eentonigheid verskuil lê, want nou het die heen en weer opgehou en ons vlieg bliksemsnel deur eindelose ruimtes. Dit moet tog `n wonderwerk wees! Wie het ooit kon droom, dat daar agter so-iets eentonig, so-iets groots verborge kan lê? [GS 2.49.22] Werklik, ek sê nie teveel nie; as julle liefde in oorvloed sou hê, dan sou julle ook `n sterk en lewendige geloof hê en deur so 'n liefde en so `n geloofslig sou julle die sterre van die uitspansel kan pluk! Word daarom wakker, dan sal ons op hierdie tiende galery nog wonderbaarlike dinge aanskou! [JJ 49.16] Maar Cirénius sê: ”Maak dat jy hier wegkom, jy is `n vreeslike leuenaar tot jou eie voordeel! Aan my is alles bekend! Verklaar onmiddellik dat jy die opgelegde boete sal betaal, of ek laat hier op die plek jou hoof van jou romp afslaan!” [JJ 60.5] Skandregtelik sou ek hom toe oombliklik sy Medusahoof (slangkop) van sy romp laat afslaan het, [JJ 78.11] Jy sou dink dat dit nouliks stewig genoeg is om die trilling van die hoefslag van `n enigsins swaar perd te weerstaan! [AAR 46.4] Hierdie ligatome word van sommige natuurwetenskaplikes ook eteriese “ligmonade” (ligpartikeltjies) genoem, watter naam taamlik goed is, omdat deur die uitdrukking “monade” so te sê ‘n afsonderlike of ‘n allenige in sy soort beskryf word. Hierdie sielspesifikum is, omdat dit van lig afkomstig is, hoogs eiesoortig in sy intellektuele sfeer. Dit hou van rus en soek dit met die grootste uithouvermoë; maar juis daarom, omdat in homself so te sê die wet van rus self is, oefen dit onder elke inperking of afsluiting, soekend na die vorige rusposisie, die grootste bewegende krag uit, wat niks kan weerstaan nie, wanneer dit deur enige iets uit ewewig gebring is. [AAR 84.15] Met hierdie skaars soorte mense het ons ook aan die einde gekom van die geestelike beskouing van die aarde. Om dit, wat tot dusver oor die nie-Christenvolkere gesê is, in die regte lig te plaas, sal ons nog `n paar dinge byvoeg en hierdie werk met die nodige seën vir julle afsluit. [RB 1.23.2] By jou uiteensetting oor die absolute vrye menslike gees tree die harde noodsaak van sowel `n wetgewing wat grense stel deur `n uitvoerende mag nou duidelik aan die lig. Maar nou bly die vraag: Mag die, in `n sekere sin deur God se genade benoemde of verkose uitvoerders van die wet "van God se weë" vrygestel word van die nakoming van die wet, wat hulle gewoonlik self maak? Mag volkome willekeurige despote en tiranne vanweë hulle bedenklike troon die arme mense, wat tog ook hulle broers is, by die duisende laat afslag? Was byvoorbeeld, my vergryp wel van die aard, dat `n sekere Alfred Windischgrätz my daarom in die naam van sy keiser moes laat doodskiet, net soos verskeie ander wat gedink en gehandel het soos ek? [RB 1.34.1] Robert sê: "Vriend, jy bring my werklik van my wysie af! Luister eers, as dit wat ek as geloof beskou, geen geloof genoem kan word nie, dan kan jy my hoof dadelik van my romp afslaan. Ek sal nogtans nie in staat wees om te sê wat mens dan eintlik onder werklike geloof moet verstaan nie. |
![]() ![]() ![]() ![]() |
Desktop ![]() |