Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[4.7] Trouens is dit vir julle geleerde amptenary hier in Jerusalem hoegenaamd geen besondere eer nie, indien die insigvolle opvoeding van ‘n knaap uit Galilea sodanige groot bewondering afdwing, want daardeur wys julle vir almal, dat julle kinders hier volgens opvoeding skaars bokant die diereryk staan!”

[4.8] Op hierdie deur My ‘n bietjie dik aangemaakte opmerking het die Romeinse Kommissaris hardop begin om te lag, en ook Simon kon sy glimlag nie heeltemal wegsteek nie. Maar die byterige priester het opgestaan en vol verdriet op ‘n bank in die agtergrond gaan sit.

[4.9] Daarop het ‘n hooggeplaasde van die sinagoge in Bethlehem, wat ook in die Tempel by die kindereksamen teenwoordig was, gesê: “Ek kan reeds sien, dat ek hier moet begin om raad te gee, andersins sal ons met hierdie knaap nie regkom nie! Hy het nou die gekoopte reg, om ons vir ‘n week lank te vra; en ons moet hom rede staan, of ons dit nou wil of nie! Gee hy vir ons dan reeds met sy eerste vraag so baie probleme, wat moet ons dan eers verwag wanneer hy met sy volgende en hoofvrae vorendag kom!

Desktop Kommentaar