Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[4.4] Hulle het verward vir mekaar gekyk en gesê: “Maar waarvandaan het dan die knaap die skrif sodanig sy eie gemaak? Daar bestaan in geheel net uiters weinig afskrifte en volmaaktes net skaars tien, en daarvan weet ons, waar hulle is, en geen leek kom in hulle nabyheid nie. Die Samaritane besit nou wel nog ‘n elfde afskrif, maar wat vervals is en baie toevoegings bevat, wat suiwer oosterse versinsels is.”

[4.5] Hierop vra ‘n byterige priester vir My: “Nou sê jy vir my, wat ek vir jou sal vra: Waarvandaan en sedert wanneer het jy sodanig volledige kennis van die skrif en vernaamlik die profete jou eie gemaak?”

[4.6] Sê Ek: “Om dit vir My te vra, het jy net so min die reg, as wat Ek vir jou sal vra, hoekom dit dan so is, dat jy as priester vir jou die skrif nog glad nie jou eie gemaak het nie - hetsy in woorde en nog baie minder met dade! Gee vir My antwoord op dit, wat Ek vra, en waarvoor daar vir jou betaal is! Om al die ander dinge hoef jy jou weinig of selfs glad nie te bekommer nie, want vir jou het dit niks gekos nie, hetsy aan moeite of tyd, en nog minder die allergeringste bekommernis of enige ander offer nie.

Desktop Kommentaar