Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[3.6] Dit weet Ek as ‘n knaap van twaalf jarige ouderdom, en vir julle, wat tog alles weet, moet dit nou onbekend wees - terwyl Joseph as een van die beste timmermansmeesters nog al die jare in Jerusalem iets gekry het om te doen en julle hom wel goed ken, net soos sy vrou, wat van Jerusalem afkomstig is en tot haar veertiende jaar in die Tempel opgevoed was? Is sy dan nie die dogter van Anna en Joachim, wat volgens julle kronieke aantekeninge op ‘n wonderbaarlike manier in die wêreld gekom het nie? Anna was reeds in ‘n hoë ouderdom, en sonder ‘n wonderwerk sou ‘n bevrugting ondenkbaar gewees het!

[3.7] Nou, hierdie ouerpaar saam met die nuutgebore knaap het vir drie jaar lank, pas nadat hulle uit Bethlehem gevlug het, in Egipte gewoon, en dit in die nabyheid van die dorpie Ostrazine, volgens die ou-egiptiese taal Austrazhina, wat beteken ‘Werk van Skrik’, dus ‘n kasteel, wat vir alle vyande tydens die faraos die dood gebring het. Later het die magtige vyande van die ou Egipte hierdie Plek van Skrik soos baie ander verower, en daar het in ons tyd van die destydse Plek van Skrik niks oorgebly nie, as net die ou, onbelangrike naam, vir wie die Romeine natuurlik ‘n ander betekenis gegee het as die ou Egiptenare.

Desktop Kommentaar