Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[3.24] Sê een met ‘n meer helder kop uit die aansienlike aantal van ouderlinge: “Ja, ja, dit sal nou nie anders kan, as om te begin om die knaap skoon wyn te skink nie, en derhalwe sal ons aan hom sy Jesaias volgens die ooreenkomstigheidsleerstellings van die Kabbala verduidelik, en hy sal dan geen uitweg tot verdere vrae meer hê nie!”

[3.25] Daarop het ‘n wys geagte skrifgeleerde opgestaan en gesê: “Nou, jy weetgierige seun, neem jou sintuie bymekaar en luister en verstaan: Onder ‘maagd’ het die Profeet nie ‘n maagd van vlees en bloed bedoel nie, maar net die boodskap, wat God deur Moses vir die kinders van hierdie wêreld gegee het. In die nouste sin stel ons priesters nou hierdie boodskap en die wet lewendig voor.

Desktop Kommentaar