Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[3.23] Sê Ek: “O, moet nie daaroor verbaas wees nie, want indien Ek iets wil weet, dan lê dit reeds in My natuur, dat Ek dit weet! Die ‘hoe’ sou jy nou nog nie verstaan nie! - Maar nou weer terug na die saak en ons ‘maagd’! Wil julle priesters en skrifgeleerdes dit nader belig of nie?”

[3.24] Sê een met ‘n meer helder kop uit die aansienlike aantal van ouderlinge: “Ja, ja, dit sal nou nie anders kan, as om te begin om die knaap skoon wyn te skink nie, en derhalwe sal ons aan hom sy Jesaias volgens die ooreenkomstigheidsleerstellings van die Kabbala verduidelik, en hy sal dan geen uitweg tot verdere vrae meer hê nie!”

Desktop Kommentaar