Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 3

[3.1] Toe Ek op hierdie wyse ruimte om te praat verkry het, het Ek vir die ouderling en skrifgeleerdes, wat vir My aangedui het, dat Ek nou moet praat en moet vra, wat Ek wil, en hulle vir my nou pligsgetrou sou antwoord, begin om te ondervra. En sodoende het Ek dan weer met bogenoemde eerste vraag begin en gesê: “Julle skynbaar nog so selfversekerd geplaasde woorde kan nie die see tot rus laat kom nie en die gesuis van die winde stilte gebied nie! Net ‘n blinde kom niks van die tekens van die tyd agter nie, en as stokdoof kan hy ook nie die magtige dreuning van die geskiedenisdonderslag van die mees gedenkwaardige tyd van die hele aarde verneem nie. Terwyl reeds Karmel en Sion voor die aankomende Koning van eer hulle hoofde gebuig het en Horeb uit sy hoë beker melk en heuning laat vloei het, weet julle, wat veronderstel is om eerste daarvan te weet en die volk in afwagting daarvan te vertel, nie ‘n enkele woord nie!”

[3.2] Nou het almal groot oë gemaak en het vir My gekyk en dan weer vir mekaar en het nie geweet, wat hulle vir My moes antwoord nie.

[3.3] Na ‘n tydjie sê een: “Nou dan, praat jy verder van dit, wat jy daarvan weet!”

[3.4] Sê Ek: “Vir seker weet Ek, wat Ek weet; maar daarom het Ek nie die vrae aan julle gerig nie, om vir Myself te verduidelik, wat Ek alreeds weet, maar net, sodat julle vir My kan wys, wie die Profeet Jsaias se swanger maagd is, deur wie juis die Allerhoogste gebore moes gewees het! Hoekom sal sy vir Hom die naam ‘Emanuel’ (God met ons) gee? - Hoekom sal Hy melk en heuning eet, om die bose te verwerp en die goeie te kies? Dit moet julle as skrifgeleerdes dan tog verstaan, wat die Profeet onder die swanger maagd, wat die aangewese seun sal gebaar, beteken!

[3.5] Ek is tog van mening, dat agter die Bethleheemse geboorteverhaal bietjie meer steek, as wat julle meen, en dat die ouerpaar, die bekende timmerman Joseph van Nazareth en die maagd wat later sy getroude vrou geword het, saam met die in Bethlehem gebore seun nog heel lewendig is; want hulle het deur ‘n wyse plan van die destydse Romeinse Kaptein Kornelius, die latere grusaamhede van die ou Herodes ontglip en leef nou veilig in Nazareth in Galilea.

[3.6] Dit weet Ek as ‘n knaap van twaalf jarige ouderdom, en vir julle, wat tog alles weet, moet dit nou onbekend wees - terwyl Joseph as een van die beste timmermansmeesters nog al die jare in Jerusalem iets gekry het om te doen en julle hom wel goed ken, net soos sy vrou, wat van Jerusalem afkomstig is en tot haar veertiende jaar in die Tempel opgevoed was? Is sy dan nie die dogter van Anna en Joachim, wat volgens julle kronieke aantekeninge op ‘n wonderbaarlike manier in die wêreld gekom het nie? Anna was reeds in ‘n hoë ouderdom, en sonder ‘n wonderwerk sou ‘n bevrugting ondenkbaar gewees het!

[3.7] Nou, hierdie ouerpaar saam met die nuutgebore knaap het vir drie jaar lank, pas nadat hulle uit Bethlehem gevlug het, in Egipte gewoon, en dit in die nabyheid van die dorpie Ostrazine, volgens die ou-egiptiese taal Austrazhina, wat beteken ‘Werk van Skrik’, dus ‘n kasteel, wat vir alle vyande tydens die faraos die dood gebring het. Later het die magtige vyande van die ou Egipte hierdie Plek van Skrik soos baie ander verower, en daar het in ons tyd van die destydse Plek van Skrik niks oorgebly nie, as net die ou, onbelangrike naam, vir wie die Romeine natuurlik ‘n ander betekenis gegee het as die ou Egiptenare.

[3.8] Alleen daaraan is niks geleë nie, maar Ek het hierdie aan My bekende geskiedenis daarom genoem, om vir julle die driejarige woonplek van die ouerpaar onder bespreking nader te beskryf. Van daar af het hulle volgens ‘n geheime hoër aanwysing weer terug na Nazareth getrek, waar hulle nou volkome godgehoorsaam in die mees moontlike teruggetrokkenheid leef, ofskoon van die’ daar wonende knaap, wat ook Ek die eer het om Hom baie goed te ken, allerhande wonderbaarlikhede vertel word. Want selfs die elemente is gehoorsaam aan Hom, en die wildste diere van die woude en die woestyn vlug voor sy aangesig, erger as voor ‘n duisend jagters. Want in die opsig is hy ‘n duisendvoudige Nimrod! - En daarvan wil julle in alle erns voorgee om niks te weet nie?! Sê dit nou vir My opreg en in alle waarheid, of julle in alle erns van al dit niks verneem het nie?!”

[3.9] Sê toe een van die ander ouderlinge, wat van ‘n bietjie beter gesindheid was: “Ja, daarvan het ons wel iets hoor praat, so ook, dat die aan ons welbekende timmerman met sy jong vrou Maria hom in Nazareth vir permanent gevestig het! Maar of die wonderseun wel dieselfde is, wat twaalf jaar gelede te Bethlehem in die stal gebore was, dit weet ons nie en twyfel ook baie daaraan, dat hy dieselfde is! En hoe sou daardie knaap dan ook die Emanuel van die Profeet wees?”

[3.10] Sê Ek: “Indien Hy dit dan nie is nie, waarvandaan kom dan die mag, wat Hy oor al die elemente uitoefen? En wie is die Profeet se ‘maagd’ en wie die ‘Emanuel’?”

[3.11] Sê die ryk man van Bethlehem: “Luister, hierdie knaap het dan ‘n reuse verstand! In die gees wil dit my voorkom asof hy dalk ‘n jong Elias kon wees, wat daardie wonderseun van Nazareth vooruit stuur, om vir ons almal op die komende Emanuel van die Profeet voor te berei! Want wanneer het ooit een van ons beleef, dat behalwe Samuel ‘n kind van twaalf jarige ouderdom so wys gepraat het?!

[3.12] Daarom moet julle met hierdie knaap ‘n meer volledige gesprek voer, andersins sal ons nie van die kind ontslae raak nie! Die Profeet moet julle beslis op ‘n meer duideliker wyse verduidelik en ook aantoon, hoe dit met die maagd Maria, die wonderbaarlike dogter van Joachim en Anna, staan, wat teen die einde al hulle aansienlike besittings aan die Tempel oorgegee het, toe hulle gesterf het. In werklikheid het die Tempel dit as vergoeding vir die opvoeding van die dogter Maria met geweld as ‘n eiendom sonder eienaar in eie beslag geneem.

[3.13] Wat hou julle dan in alle eerlikheid van daardie maagd? Wanneer van ‘n Profeet iets gesê kan word, dan sou die’ van hom aangewese tyd nou daar wees, en die wonderbaarlikhede van die maagd onder bespreking kan nie meer ontken word nie! As tog iets daaraan sou wees, dan sou dit ook ongetwyfeld goddeloos van ons almal wees, as ons nie dieper en nader daarop sal ingaan nie!”

[3.14] Sê die ouderling wat hom vererg het: “Dit verstaan jy nie en praat daarvan, deur die knaap ‘n voorskot te gee, soos ‘n volkome blinde mens van die groot prag van die mooiste kleure!”

[3.15] Sê Ek tussenin: “Dit is nou werklik ‘n eienaardige saak, dat ‘n honger mens dink, dat daar almal wat hy ontmoet honger moet wees! ‘n Dom mens hou steeds die ander mense vir nog dommer, as wat hyself is. Vir die blinde is elke nog so skerp sienende mens blind, en vir die dowe is elke ander mens doof!

[3.16] Glo jy ou korrelkop, dat behalwe vir jou geen ander mens iets kan weet nie? Oh, daar misgis jy jou geweldig! Sien, Ek is net ‘n knaap en kon vir jou dinge, wat volkome waar en korrek is, vertel en verduidelik, waarvan jou nukkerige wysheid waarskynlik nooit iets gedroom het nie!

[3.17] Waarom moet My welaf Simon van Bethanië, wat Indië, Persië, die Arabiese lande, Egipte, Spanje en Rome en Athene besoek het, nie ook iets weet nie, waarvan jy nog nooit iets gedroom het nie?! Indien dit so is, met watter reg wil jy vir hom as onkundig beskuldig?! - Maar Ek sê vir jou, dat hy heeltemal reg geoordeel het, en julle moet derhalwe doen, wat hy vir sy baie geld van julle verwag!

[3.18] Indien iemand ‘n kneg huur vir werk, dan moet die kneg dit doen, waarvoor die werkgewer hom aangestel het. Wil die kneg dit nie doen nie, of kan hy dit nie, dan sal die werkgewer beslis die reg hê, die onderhandelde loon van die lui of onkundige kneg terug te vra! - Julle het vir julle goed laat betaal - en wil in ruil daarvoor niks doen nie, of kan dit nie! Het Simon nou nie die reg, om sy vir julle gegewe vergoeding terug te vra nie?”

[3.19] Sê ‘n aanwesige Romeinse, regskundige Kommissaris en Regter: “Daar kyk nou net vir die knaap! Hy is dan ‘n volmaakte juris en kon onmiddelik ‘n regter in alle strysake wees! Sy regspreking is volkome op ons regstelsel gegrond, en wanneer Simon uit Bethania dit van my verwag, moet ek hom onwillekeurig die ‘Exequatur’ (‘dit word volstrek!’) gee!”

[3.20] Daarna kom hy na my, liefkoos en druk vir My en sê toe vir My: “Luister, my liefste, krulkop knaap, ek is heel verlief op jou! Vir jou wil ek met al my besittings sorg en vir jou tot iets groots opvoed!”

[3.21] Sê ek: “Dat jy My lief het, weet Ek baie goed - want in jou klop daar ‘n getroue, goeie hart. Jy kan egter verseker wees, dat ook Ek baie lief is vir jou! Maar oor My onderhoud hoef jy jou nie te kwel nie, want daar is reeds Iemand, wat Hom daaroor bekommer!”

[3.22] Maar ook Simon van Bethania het na my toe gekom en het heel verbaas vir My gevra: “Sê vir my, jy my mooiste, liefdevolste en goeie knaap, hoe het jy geweet, wat my naam is, en waar ek orals reeds was!”

[3.23] Sê Ek: “O, moet nie daaroor verbaas wees nie, want indien Ek iets wil weet, dan lê dit reeds in My natuur, dat Ek dit weet! Die ‘hoe’ sou jy nou nog nie verstaan nie! - Maar nou weer terug na die saak en ons ‘maagd’! Wil julle priesters en skrifgeleerdes dit nader belig of nie?”

Desktop Kommentaar