Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[2.9] Nou, op hierdie nie onbeduidende eerste vraag het een van die ouderlinge, ‘n baie heerssugtige gierigaard, begin om sodanig verwarrende dinge kwyt te raak, dat Ek dit nie eers sal bekend maak nie, omdat hy ook na My as ‘n sleg opgevoede knaap verwys het, aangesien Ek reeds iets van uit-‘n-vrou-gebore-word af weet.

[2.10] Daarna het ‘n jonger, ‘n bietjie meer menslik lykende skrifgeleerde opgestaan en het gesê, dat so iets nog geensins op ‘n slegte opvoeding dui nie, aangesien besonders in Galilea die seuns eerder vroeër ryp word as in die agterlike Jerusalem, waar niks as luuksheid en ‘n groot wanopvoeding van kinders plaasvind. ‘n Mens kon tog vir My ‘n beter antwoord op sy aanbeveling gegee het, want hy het gemeen, dat ek reeds met alle omstandighede van die menslike lewe op die beste manier ingelig was. ‘n Mens moes net al die ander kinders verwyder en dan met My heel manlik praat.

[2.11] Maar die ouderling het iets in sy baard gebrom, en ek het toe vir die meer menslik lykende skrifgeleerde met betrekking tot die geboortegeskiedenis in Bethlehem gevra. Maar ook hy het iets heel afgedwaal gesê:

[2.12] (Die jonger skrifgeleerde:) “Ja, jy my liewe, baie oulike knaap, met daardie gelukkig totaal verouderde storie, waarvan daar in sy tyd baie gepraat was, beteken nou in besonder met betrekking op die duister profesieë van die Profeet Jesaias, wat net vir sy tyd in steeds duister beelde geprofeteer het, niks nie! Want die ouers het, glo ek, soos ek dit verneem het, na die Herodiese kindermoord van Bethlehem - by watter geleentheid sekerlik ook hulle uit die môreland gegroete koning van die Jode geslag was - uit Judea elders heen gevlug en lewe dalk glad nie meer nie; want ‘n mens het later glad niks meer van hulle bestaan verneem nie.

[2.13] Daar mag iets aan die saak gewees het, want dit het destyds baie opspraak gemaak; maar op merkwaardige wyse het ‘n paar jaar daarop alles sodanig in die see van totale vergetenheid gesink, dat nou geen mens meer ook net met ‘n enkele woord enige melding daarvan maak nie en dit ook nie die moeite werd is, om verder ook net ‘n enkele woord daaroor te praat nie. Simeon en Anna is twee bekende ou Tempeldwepers gewees, wat by verskeie kinders hulle messianiese opmerkings met ‘n mistieke byklank gemaak het en daardeur ‘n hele aantal swak ouers ordentlik deurmekaar gemaak het.

[2.14] Toe God vir Moses op Sinaï die wette gegee het, het byna die hele aarde begin bewe, en die verhaal in die woestyn het bykans veertig volle jare geduur, en reeds daar moes byna alle wêreld die almagtigheid van Jehova herken. En des te meer sal die in hierdie wêreld komende Messias, waarvan David gesing het: “Maak die hekke wyd en die deure van die wêreld hoog, dat die Koning van eer sal inkom! Wie is die Koning van eer? Dit is die Here sterk en magtig, die Here magtig in die stryd! - Maak die hekke wyd en die deure van die wêreld hoog, sodat die Koning van eer sal inkom! Wie is die Koning van eer? Dit is die Here Zebaoth, Hy is die Koning van eer!”, sekerlik nog meer die hele wêreld laat bewe!

[2.15] En jy, my liewe seun, sal dus wel insien, dat dit met die geboorte in Bethlehem, wat alreeds heel vergete is, met betrekking tot die hoop op die komende Messias grootliks bevraagteken kan word! Dink net, hoe David Hom aangekondig het, en wat vooraf gedoen moet word, wanneer die Koning van eer uit die hemele na die Jode sal kom, en dink net, dat daar alle Jode vooraf sekerlik verskeie jare van groot profete - soos Elias, wat in daardie tyd die Here van eer sal voorafgaan - gevra sal word, om dit te doen, wat die groot Koning David aanbeveel het, om hulle op sodanig ongelooflike aankoms van die allerhoogste God goed voor te berei!

[2.16] Dink daaroor, liewe seun, en dit sal dan vir jou begryplik word, dat ‘n Jehova Zebaoth nie so maklik in die wêreld sal kom nie! Daarom gaan nou en moet nie meer oor dergelike dinge vra nie!”

[2.17] Daarop eers het Ek die reeds vantevore bekendgemaakte opmerking, wat die ryk man van Bethanië aangemoedig het, om vir My die groot besprekingsbelasting te betaal, om dit vir My moontlik te maak, om oor die’ van My gegewe vraag verdere teenargumente te maak en My nog verder oor die tekste in Jesaias rakende die Messias uit te spreek, want hy (die ryk Israeliet) was een van die enkeles, wat nou die ‘Koning van eer’ volgens Elias nie meer in die storm en vuur nie, maar in die sagte windgesuis verwag het.

Desktop Kommentaar