Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[2.3] ‘n Baie ryk Israeliet vanaf Bethania (dit was die op daardie tydstip nog lewendige vader van Lazarus, Martha en Maria) het na vore gekom en vir My ‘n offer van 30 pond silwer en ‘n bietjie goud geplaas, bloot daarvoor, dat Ek langer met die ouderlinge en skrifgeleerdes durf onderhandel.

[2.4] Die ouderlinge en skrifgeleerdes het natuurlik die groot offer net te graag aangeneem, en Ek het daardeur ‘n groot vryheid van spraak verkry, om met die ouderlinge ‘n heel buitengewoon en as gevolg van sekere redes nooit voorheen gehoorde bespreking te voer.

[2.5] Maar die eerste en bogenoemde vraag was uit Jesaias geneem, waar die uiters mistieke en donker antwoord juis die basis vir die volgende uitgebreide onderhandeling, wat ons nou laat volg, gevorm het. Wie dit met ‘n goeie en liefde-suiwer hart sal lees, die sal ook baie vir sy siel en sy gees daarby wen.

[2.6] Maar voordat ons by die groot onderhandeling kom, en omdat Ek die goed betaalde vryheid, om te praat, verkry het, het Ek na bogenoemde vraag teruggekeer en het begin om die ouderlinge en skrifgeleerdes oor verskeie aspekte daarvan te ondervra.

Desktop Kommentaar