Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[1.9] Die tyd van die eksamen was óf tydens die Paasfees óf ten tye van die Loofhuttefees en het gewoonlik vyf tot ses dae geduur. Maar voordat die eksamen in die Tempel ‘n aanvang geneem het, is daar reeds ‘n paar dae vantevore tempeldienaars na die herberge gestuur, om vas te stel, hoeveel toetskandidate teenwoordig sou wees.

[1.10] Wie daar teen betaling van ‘n klein fooi ‘n besonder voorkeur wou kry, die kon dit doen, omdat hy daardeur sy beurt, om getoets te word, kon vervroeg. Die sonder betaling moes dan gewoonlik die laastes wees, en met hulle eksamen was dan ook nie baie moeite gedoen nie, en dan is daar gewoonlik ook geen rapporte uitgereik nie. Daar word belowe, dat dit nog gedoen sal word, maar waar daar gewoonlik niks van gekom het nie.

Desktop Kommentaar