Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[1.7] Meer as tien vrae het niemand gekry nie, en dit is daarom maklik begryplik, dat die eksamen van ‘n seun skaars langer as ‘n minuut geduur het. In besonder wanneer hy die eerste vraag baie goed en volledig geantwoord het, was hy meestal van die res vrygestel.

[1.8] Na voltooiing van die kort toets het die kind ‘n klein papiertjie gekry, waarmee hy saam met sy ouers by dieselfde belastingkassiere moes aanmeld, waar hy vantevore die eksamenfooie betaal het, waar hy dan met voorlegging van die toetspapiertjie weer ‘n klein fooi moes betaal, indien hy in plek van die papiertjie ‘n tempelrapport wou hê. Kinders van arm ouers moes ‘n bewys van armoede saambring, andersins was hulle nie tot die eksamen toegelaat nie.

[1.9] Die tyd van die eksamen was óf tydens die Paasfees óf ten tye van die Loofhuttefees en het gewoonlik vyf tot ses dae geduur. Maar voordat die eksamen in die Tempel ‘n aanvang geneem het, is daar reeds ‘n paar dae vantevore tempeldienaars na die herberge gestuur, om vas te stel, hoeveel toetskandidate teenwoordig sou wees.

Desktop Kommentaar