Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[1.12] Teenwoordig by die eksamen, was daar egter ook so te sê eksamenkommissarisse, bestaande uit verskeie ouderlinge en skrifgeleerdes. Hulle toets nie, maar luister net, na dit wat gevra was. Net in bogenoemde spesiale geval, wanneer dit die moeite werd was, het hulle begin roer deur die vraende seun, wat dit gewaag het, om sy eksaminatore in ‘n onaangename, tydrowende posisie te plaas, eers oor sy onverstandige vermetelheid te berispe.

[1.13] Sodanige knaap was, wanneer hy hom nie maklik laat afskrik het nie en by sy voorneme en verwagting gebly het, meer vir die skyn voor die volk as vir die dieper waarheid daarvan, vir eers gevra om te wag en moes vir die verduidelikende antwoorde vir sodanig kritiese vrae tot ‘n sekere uur in die aand wag, waar hy dan eers op sy eie ondervra was.

Desktop Kommentaar