Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

[1.11] Maar soms het dit ook gebeur, dat seuns van besonder baie gees en talent teenvrae aan die eksaminatore gerig het en ‘n verduideliking oor dit en dat uit die profete verwag het. By sulke geleenthede was daar onder die eksaminatore gewoonlik mismoedige en ergerlike gesigte te sien; want die eksaminatore was selde met die skrif en die profete meer vertroud as deesdae die baie skraal opgeleide Abc-onderwysers. Hulle het net dit geweet, waaroor hulle vrae gevra het. Verder as dit het dit gewoonlik maar donker gelyk.

[1.12] Teenwoordig by die eksamen, was daar egter ook so te sê eksamenkommissarisse, bestaande uit verskeie ouderlinge en skrifgeleerdes. Hulle toets nie, maar luister net, na dit wat gevra was. Net in bogenoemde spesiale geval, wanneer dit die moeite werd was, het hulle begin roer deur die vraende seun, wat dit gewaag het, om sy eksaminatore in ‘n onaangename, tydrowende posisie te plaas, eers oor sy onverstandige vermetelheid te berispe.

Desktop Kommentaar