Help

jakob-lorber.cc

Die drie Dae in die Tempel

Hoofstuk 1

[1.1] Dit was die gebruik en voorgeskrewe reël in die hele ryk van die Jode, dat hulle hul kinders, wanneer hulle die twaalfde lewensjaar bereik het, na Jerusalem moes bring, waar hulle in die Tempel deur die ouderlinge, fariseërs en skrifgeleerdes oor alles, wat hulle tot op die’ ouderdom in besonder met betrekking tot die leerstellings van God en die profete hul eie gemaak het, ondervra sou word.

[1.2] Vir sodanige eksamen moes ook ‘n klein fooi betaal word, waarvolgens die wat getoets is, indien hulle dit wou, teen ‘n tweede klein fooi ‘n slaagrapport ontvang het. Het die kinders in elke opsig presteer, dan kon hulle ook in die skool van die Tempel opgeneem word en het die vooruitsig gehad, om eendag ‘n dienaar van die Tempel te word.

[1.3] As die kinders kon bewys, dat hulle van die stam Levi afkomstig is, dan het dit met die opname in die skool van die Tempel maklik gegaan. Kon die ouers dit egter nie bewys nie, dan het dit met die opname minder goed gegaan, en hulle moes hulle feitlik in die stam Levi inkoop en aan die Tempel ‘n beduidende offer bring.

[1.4] Die dogters was van hierdie eksamen vrygestel - behalwe as hulle op aandrang van die ouers hulle ook wou laat toets, ter wille van die groter welgevalle voor God. In hierdie geval is hulle deur die oumoeders van die Tempel in ‘n spesiale woning deeglik getoets en het ook ‘n rapport vir alle kennis en vaardighede wat hulle tot dusver opgedoen het, verwerf. Sulke meisies kon dan vrouens van die priesters en Leviete word.

[1.5] Die eksamen van die seuns en nog meer die van die meisies was van korte duur. Daar was enkele hoofvrae wat altyd gevra was, wat elke Jood al lankal uit die kop geken het.

Desktop Kommentaar