Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Die Japannese

[77.1] Naas die Brahmane, Chinese en ander HoogTibetbewoners kom die Japannese as geloofsverwante, wat, soos wat hulle nou is, ook uit Midde-Asië afkomstig is.

[77.2] Hulle is, wat hulle geloof betref, `n mengsel; hulle is in hierdie opsig soos `n sogenaamde potpourri, het `n bietjie van alles, maar in die geheel eintlik niks nie. Hulle is Brahmane, Zoroasters, Perse en Meders, en as sulks Dalai-Lamaïste, maar gelyktydig soos die Brahmane Ormusiste; hiervolgens word ook die bose godheid aanbid wat menseoffers vereis. Hulle is natuurlik nie so presies met hierdie menseoffers nie, maar genoeg dat sulke offers nog algemeen voorkom. Die mooiste seuns en dogters moet nog steeds op sekere tye geoffer word. Hierdie seuns en dogters word egter nie meer geslag, soos dit op `n tyd die geval was nie; maar in ruil daarvoor word `n dubbele hoeveelheid staatsmisdadigers in die see gegooi. `n Breër verduideliking hieroor het julle reeds by `n ander geleentheid ontvang, wat julle hier kan byvoeg as julle wil.

[77.3] Maar uit alles sal julle ook sien dat met hierdie in die hoogste graad Stoïsynse Japannese in die geestelike wêreld nog minder uitgerig kan word as met die ander tot dusver aangevoerde Asiatiese volkere! Want tot nou toe bestaan daar natuurlikergewys, sowel as geestelik, geen volk op die aardoppervlakte, wat as gevolg van sy in die hoogste graad ontwikkelde Stoïsisme, meer ontoeganklik is as hulle nie.

[77.4] Maar dit is nogtans makliker om hierdie volk op `n stoflike vlak te nader as in die geesteryk, waar hulle hulleself sodanig verskans, dat dit nie maklik moontlik is, om hulle sonder enige skade te benader nie. Want hulle Stoïsisme ontwikkel `n eie soort geestelike sondvloed, wat net deur engelegeeste uit die derde hemel teengestaan kan word. Geeste van `n laer soort mag daardie oord nie betree nie, want dit is erger as die eintlike hel self.

[77.5] Die mees eienaardige van die saak is egter, dat ook geen geeste uit die eintlike hel vir hulle mag nader nie. Indien hy so iets sou waag, dan sal dit met hom ook onmiddellik duisend keer slegter gaan as in die onderste hel self. Hy sal oombliklik gevange geneem en met toue gebind word en op die mees verskriklike manier gepynig word; want julle weet dat die sogenaamde duiwels, die nederigheid die allerminste kan verdra, net soos die waarheid en die opregtheid en die daarmee verbonde genoegsaamheid, alles wat vir julle denkbaar is, oortref.

[77.6] Al hierdie deugde: Nederigheid, opregtheid, strengste waarheidsliefde, hulpvaardigheid, selfverloëning tot op die uiterste kulminasiepunt, dan die liefde vir ordelikheid wat aan geen tweede voorbeeld op aarde gemeet kan word nie, die grootste gasvryheid onder mekaar, die strengste geregtigheid, volmaakte verontagsaming van die eie lewe, dit alles vind julle by die Japannese tot in die hoogste graad ontwikkel, waarvan julle vir julleself geen begrip kan vorm nie.

[77.7] Van `n oortreding van enige wet is daar nooit enige sprake nie en as iemand toevallig, sonder sy medewete en wil, `n oortreding begaan het, dan sal hy homself op die strengste manier tugtig.

[77.8] `n Mens kan daar sê: Die Japannees is op sy manier die mees deugvolste mens op die hele aardoppervlakte; deur `n sonde word hy presies vervul, en soek hy ook sy grootste loon, en die selftevredenheid is sy hoogste geluksaligheid.

[77.9] Die nadeel by hierdie stand van sake is natuurlik, dat hy weens hierdie Stoïsyne selftevredenheid van hom geen God benodig nie, al glo hy aan een; en in plaas daarvan om vir God lief te hê en om aan God hartlike dankbaarheid te betoon, beskuldig hy Hom daaroor, dat God hom as `n wyse wese geskep het en in die eerste plek `n wese is, wat van homself bewus is en van sy behoeftes bewus is.

[77.10] By hom is alles verkwisting en onnodige pronk; want die Japannees sê: Dit is baie beter om niks te wees, as om van geen nut te wees nie. Maar hy sien ook in dat hy vir God van geen nut kan wees nie, en beskou hom derhalwe as heeltemal oorbodig en beskuldig God van onwysheid en sê boonop nog daarby:

[77.11] “As speelgoed vir God is ons volgens Hom te nietig en te sleg, maar volgens ons siening te goed en edel, aangesien ons eerder vir God van nut wil wees as dit moontlik sou wees, om aan Hom, die Almagtige, `n guns te kan bewys; maar nou is ons daar en geen wysheid kan vermag om te ontsyfer waarom nie?

[77.12] Ons verering en ons offers ryk skaars tot aan die hoogste bergpieke; wat beteken dit vir Hom, vir wie die aarde, son, maan en sterre Hom skaars hoorbaar kan prys? Ons ploeg wel ons akkers, maar nogtans wys Hy vir ons, dat die woude en die grasperke deur Sy asem beter ingerig is as ons akkers. Ons bou ook skepe, maar wat is hulle teenoor die swemvaardigheid van die visse en teenoor die vliegkrag van voëls? Ons bou groot paleise en tempels; maar wat is hulle teenoor Sy aarde en teen die berge wat wonderbaarlik deur Sy hand gebou is?

[77.13] Het Hy ons dalk geskep sodat ons Hom moet erken, sodat Hy dan `n vreugde kan hê daaroor dat ons Hom erken het? Maar wanneer kan `n oneindige klein wurmpie die oneindige groot God erken soos wat Hy is?

[77.14] Wie op een manier onvolmaak is, is dit ook op `n ander; wanneer kan God van ons `n volmaakte erkenning van Homself verwag?

[77.15] Sekerlik vir ewig nooit nie; want die mees onvolmaakte kan die mees volmaakte nooit begryp nie, net so min kan die hele see in een klein pot geskep word. Maar kan die see `n vreugde daaroor hê as `n pot vol water daaruit geskep word? Net so min kan God ook `n vreugde hê as ons uit Sy hele oneindigheid skaars die kleinste vonkie kan skep; maar as dit Hom bly maak, kan Hy nie wys wees nie, aangesien dit reeds vir ons onmoontlik enige vreugde kan berei, terwyl ons tog net die kleinste vonkie van Sy oneindige wysheid besit.”

[77.16] Soortgelyke Stoïsyne filosofiese menings heers in groot oorvloed onder hierdie mense, en is, soos julle maklik kan insien, die mees teenoorgestelde van alle werklik sataniese maksimums. Daarom is dit, soos reeds vroeër genoem, vir `n duiwel wat oor alles wil heers, hier die allerergste ondervinding, indien hy in hulle omgewing sou kom, wat die bose geeste ook baie goed weet en derhalwe alles doen om dit te verhoed. Want die prinsiepe is vir hulle die allerergste waardeur nie net alle heerssugtigheid, maar ook alle denkbare gewig opsy gestoot word, waardeur enige nog so geringe taksering van sy wese blootgelê sou kon word.

[77.17] Maar hieruit word dit duidelik, waarom net die kragtigste hemelsgeeste in hulle omgewing mag kom. Die rede is daarin geleë, omdat swakker geeste baie maklik deur hierdie seldsame beginsels gevange geneem kan word, en dit is eintlik die bogenoemde eiesoortige geestelike gif, waar die swakker geeste baie sorgvuldig op hul pasoppens voor moet wees.

[77.18] Julle self, soos julle daar is, durf nie met so `n behoorlik Stoïes-wyse Japannees bymekaar kom nie, as julle hulle taal magtig was; sou julle hom nie op `n duisend vrae kon antwoord nie.

[77.19] Dit is ook die rede waarom Ek dit uit `n aards-politieke rede nie toelaat, dat ander volkere van die aarde enige te noue verbinding met hierdie aarts-Stoïsyne mag aanknoop nie, omdat hulle die Japanisme net te maklik oor die hele wêreld sou kon versprei.

[77.20] Stoïsisme op sy eie, wanneer dit in `n ateïstiese vorm geuiter word, is nie so gevaarlik nie, omdat dit binnekort weer tot niet sal gaan, omdat dit geen wortels het nie. Maar Stoïsisme in verbinding met die strengste Deismus is die gevaarlikste vir die gees, omdat hierdie vorm van Stoïsisme, met sy streng geloof aan `n God, vanselfsprekend `n onvernietigbare wortel het.

[77.21] Om vir julle die wese daarvan verder te verduidelik, sou van geen waarde en selfs skadelik wees; daarom sal ons die Japannese verlaat en na `n ander volk oorgaan.

Desktop Kommentaar