Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[74.3] Die sogenaamde “kritikusse” van beroep moet mos alles kritiseer en besnuffel en skel; want dit is mense wat van skel lewe, en omdat die wêreld tans baie eerder, en met groot oplettendheid, skelwoorde as prysing lees, is hierdie bose eienskap van die wêreld `n baie besonderse kragtige hefboom, om kritikusse te lei sodat hulle oor alles moet skel.

[74.4] Hulle loof net werke en dade van mense met mag, vir wie dit maklik is om die kritikusse deur baie gevoelige middele aan te keer. Daarom spoeg hierdie skellustige wêreldwyses meer gal oor diegene, by wie hulle nie vir `n pak slae hoef bang te wees nie, waarom dit nodig is om hulle eselbekke soveel as moontlik vooraf toe te stop en onder andere in sodanige boodskap ook `n bietjie hooi by te meng, sodat hierdie arme diere ook iets het om te vreet.

Desktop Kommentaar