Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Die Brahmane

Klasindeling en magie van die Brahmane; hulle lot in die hiernamaals

[74.22] Na die Mohammedane kom die Brahmane wat met hulle skemer bedrywighede in Midde-Asië en `n gedeelte van Suid-Asië doenig is.

[74.23] Hierdie mense bestaan uit `n groot aantal geheimenisvolle wonderdoeners, by wie net wonderwerke bo wonderwerke moet plaasvind en hulleself doen net wonderwerke en hul hoofstudie bestaan daaruit om van die goeie sowel as die bose godheid, wonderkragte na te boots, om self allerlei wonderwerke te kan uitvoer.

[74.24] Elkeen kan maklik insien dat daar reeds baie sataniese bedrywighede in hierdie spel is; want by hulle is die klasindeling nog volledig tuis. Die gewone mens is verdoem om ewig onnosel te bly, sodat hy die oëverblindende wonderwerke van sy geestelike priesterklas nie kan agterkom nie. Wee diegene wat dit sal waag om `n dienaar van Brahma te vra hoe hy sy wonderwerke uitoefen. By die eerste oortreding van hierdie soort word die voorbarigheid met `n behoorlike pakslae teruggewys. Maar reeds `n tweede oortreding kos hom sy lewe of ten minste die oë of die tong.

Desktop Kommentaar