Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[74.20] Dat hulle in die geesteswêreld baie slegte aspekte te wagte kan wees, hoef nie uitgespel te word nie; dit sou jammer wees vir die papier en ink om enigsins verder daarop uit te brei.

[74.21] Dit is vanselfsprekend dat hulle nie daaroor verdoem moet word dat hulle hulleself op hierdie dwaalpaaie bevind nie, en daar sal in die geesteswêreld vir hulle gesorg word, sodat hulle op die regte pad kom; maar vir solank hulle “Mohammedane” bly, bestaan daar vir hulle geen bestemming in die geesteswêreld nie. Wat sal hulle ook doen? Dit wat hulle glo, mag nie toegelaat word nie; daarom is hulle in die hiernamaals soos dwalendes, wat nie weet waarheen hulle hulself moet wend nie.

Die Brahmane

Klasindeling en magie van die Brahmane; hulle lot in die hiernamaals

[74.22] Na die Mohammedane kom die Brahmane wat met hulle skemer bedrywighede in Midde-Asië en `n gedeelte van Suid-Asië doenig is.

Desktop Kommentaar