Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Die voorstelling oor die hiernamaals en die lot van die Mohammedane

[74.17] Die hoogste loon vir hulle bemoeienisse met handel en oorlogvoering plaas hulle in allerhande sinlike vermaaklikhede; daarom verbeel hulle hulself dat hul Elisium (sogenaamde hemel) uit die allermooiste meisies en vrouens bestaan, met wie hulle dan hopelik tot in ewigheid ontug kan bedryf, sonder dat hul sinlike gevoelens afgemat en moeg raak.

[74.18] Sommige van hulle stel hulle die Elisium so voor, dat die bodem daarvan uit die allerwitste en allermooiste borste van vrouens bestaan, waarop hulle heel behaaglik kan rondwandel en die vrouens en meisies groei met aanhoudende vars voorkomste soos paddastoele uit die aarde; en hulle kan van hulle gebruik maak soos hulle lus is en in hoogste verrukking uitroep: “Hoe heerlik en groot is ons Allah!”

[74.19] Hulle stel hulle ook voor dat al die bome in hul Elisiese tuine net uit mooi vroulike liggame bestaan, ongeveer soos op `n tyd die Grieke en die Romeine `n voorstelling van die godin Daphne gehad het, nadat Apollo haar in `n lourierboom verander het. Hierdie boomvrouens is vol genitalieë wat ook gebruik kan word; dit is min of meer die begrip van die hemel vir die meeste Mohammedane, waarby, vanselfsprekend, die mees voortreflike soorte kos en drank daarby ingesluit is.

[74.20] Dat hulle in die geesteswêreld baie slegte aspekte te wagte kan wees, hoef nie uitgespel te word nie; dit sou jammer wees vir die papier en ink om enigsins verder daarop uit te brei.

Desktop Kommentaar