Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Die Mohammedane

Handel en oorlog is die hoofeienskappe van die Mohammedane

[74.16] Na die Jode kom die Mohammedane wat `n klein deel van Europa, `n vyfde van Asië en `n agste van Afrika bewoon. Hierdie Mohammedane is `n bastersoort van die Jode en die Ariese Christene, maar hulle hoofeienskap is handel en oorlog. Wat hulle nie deur die handel kan bekom nie, dit koop hulle met die wapen in die hand; maar hulle tyd sal binnekort tot `n einde kom.

Die voorstelling oor die hiernamaals en die lot van die Mohammedane

[74.17] Die hoogste loon vir hulle bemoeienisse met handel en oorlogvoering plaas hulle in allerhande sinlike vermaaklikhede; daarom verbeel hulle hulself dat hul Elisium (sogenaamde hemel) uit die allermooiste meisies en vrouens bestaan, met wie hulle dan hopelik tot in ewigheid ontug kan bedryf, sonder dat hul sinlike gevoelens afgemat en moeg raak.

Desktop Kommentaar