Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[73.5] Dit is wel waar dat daar in die Rooms-Katolieke kerk duisenderlei growwe misbruike bestaan. Maar daar is tog ook baie goed daarin, want mense preek liefde en deemoed daar. En as iemand net dit navolg, sal hy nie verlore gaan nie.

[73.6] Maar wat moet Ek dan sê van `n sekte wat maar net die geloof leer en die werke verwerp? Daar is doop en salwing bedorwe. Want daar staan tog duidelik geskrywe, dat `n geloof sonder werke dood is, en Ekself het verskillende kere openlik gesê: Wees nie slegs toehoorders nie, maar ook daders van My woord. Daardeur is duidelik getoon dat die geloof alleen nie help nie, maar die handeling daarvolgens.

[73.7] Wat het die aarde aan sonlig, as dit nie met daadkragtige warmte verbonde is nie?

[73.8] Wat se nut het alle kennis en wetenskap, as die mens dit nie gebruik nie?

[73.9] Of wat se nut het dit in `n koue winter om maar net te glo dat brandende hout die kamer kan verwarm? Word die kamer warm deur dit te glo? Ek glo nie.

[73.10] Kort en goed: Die mees vaste geloof sonder werke is soos `n dwase mens, wat hom in `n koue kamer maar net met `n warm gedagte wil toedek om warm te kry. Dit is wel die goedkoopste deken, maar of dit iemand kan verwarm, daaroor kan die arme mens self oordeel, wat in streng koue winters dikwels styf bevrore in hulle kamers gevind word - en meestal om die rede dat hulle geen ander deken gehad het, as maar net `n gedagte deken.

[73.11] Soos hierdie gedagtedeken nie help sonder `n werklike deken nie, so het ook die geloof sonder werke geen nut nie. Die geloof is maar net `n opname-orgaan van `n leer wat tot dade aanspoor. Wie hierdie riglyn maar net in sy geloof opneem, maar nie daarvolgens handel nie, die vra Ek: “Waarvoor dien hierdie riglyn?" Ek sê: Tot niks anders as eiewyse kritiek, net soos alle reëls van die toonkuns niemand van nut is as mens nie in staat is ook maar die minste en die eenvoudigste te presteer nie. Maar Ek sê: Dan is `n straatmusikant altyd nog meer werd as so `n kritikus wat self niks kan doen nie, maar oor alles wil oordeel.

[73.12] Dan is so `n kerk, waar iets tog gebeur, vir My ook beter as een waar niks gebeur nie. Want dit is beter om iemand `n stuk brood te gee, as om duisende planne te maak vir die armsorg en die arme dan tog niks te gee as hy by hom kom aanklop nie. Planne is goed, maar die gee moet daar bykom, anders is die geloof weer sonder werk, waardeur die arm mense by die honderde verhonger.

[73.13] Wie egter korrek wil lewe, kan dit in elke kerk doen; want die vernaamste reël is: Ondersoek alles en behou die goeie!

[73.14] As jy `n kind gebad het, gooi dan die badwater weg, maar hou die kind - en die kind is die liefde!

[73.15] Ek sê vir niemand: Word Katoliek of word Protestant of word `n Griek nie, maar wat iemand is, dit moet hy bly - as hy dit wil. Laat hy wees wat hy wil, maar laat hy `n werksame Christen wees en dit in gees en waarheid; want elkeen kan, as hy dit wil, die suiwer woord van God besit.

[73.16] Ek is nie soos `n patriarg en ook nie soos `n pous en nie soos `n superintendent en nie soos `n biskop nie - maar Ek is soos `n baie goeie en regverdige Vader vir al My kinders en is verheug as hulle werk en wedywer in die liefde. Maar Ek hou nie daarvan, dat hulle mekaar vir dwase uitmaak nie en dat elkeen van hulle die wysste en onfeilbaarste wil wees met suiwer redenering en daarby niks doen nie.

[73.17] My ryk is `n ryk van die hoogste werksaamheid, maar geen ryk van niksdoenende eiewyse luiaards nie. Want Ek het nie vir die apostels gesê: “Bly tuis, dink en pieker en peins oor My leer nie!" Maar: “Gaan die wêreld in!"

[73.18] Dit sê Ek ook vir alle saliges. Daar moet gewerk word; want die oes is altyd groter as die aantal arbeiders. Daarom is dit ook beter om in een of ander ordening besig te wees, as om slegs die suiwerste geloof te hê. En om te handel volgens My leer is dan sekerlik oneindig baie beter as om die hele Bybel uit die kop te ken en te glo.

[73.19] Die suiwer geloofsmens is gelyk aan die een wat sy talent begrawe het; as iemand egter maar weinig van die skrif weet, maar daarvolgens handel, hy is gelyk aan hom wat oor die weinige `n getroue beheerder was en toe oor baie aangestel was.

[73.20] Uit dit wat tot nou toe gesê is, sal elkeen wat van goeie wil is, sekerlik maklik kan uitmaak wat hy moet doen om `n goeie mens te word. Wat hy met sy werkkrag moet kies en vermy, dit is hier sonhelder uiteengesit. Hiermee is alles van alle kante belig. En daarom - Amen!

Desktop Kommentaar