[73.12] Dan is so `n kerk, waar iets tog gebeur, vir My ook beter as een waar niks gebeur nie. Want dit is beter om iemand `n stuk brood te gee, as om duisende planne te maak vir die armsorg en die arme dan tog niks te gee as hy by hom kom aanklop nie. Planne is goed, maar die gee moet daar bykom, anders is die geloof weer sonder werk, waardeur die arm mense by die honderde verhonger. [73.13] Wie egter korrek wil lewe, kan dit in elke kerk doen; want die vernaamste reël is: Ondersoek alles en behou die goeie!
|