Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Soos hierdie gedagtedeken nie help sonder `n werklike deken nie, so het ook die geloof sonder werke geen nut nie. Die geloof is maar net `n opname-orgaan van `n leer wat tot dade aanspoor. Wie hierdie riglyn maar net in sy geloof opneem, maar nie daarvolgens handel nie, die vra Ek: “Waarvoor dien hierdie riglyn?" Ek sê: Tot niks anders as eiewyse kritiek, net soos alle reëls van die toonkuns niemand van nut is as mens nie in staat is ook maar die minste en die eenvoudigste te presteer nie. Maar Ek sê: Dan is `n straatmusikant altyd nog meer werd as so `n kritikus wat self niks kan doen nie, maar oor alles wil oordeel. – Die Aarde, Hoofstuk 73, Paragraaf 11

Desktop Kommentaar