Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Kyk, op hierdie manier kan slegs die krag van God die sondes wegneem, wat die mens wedersyds nooit kan vergewe nie, hetsy vanweë hulle ver van mekaar verwyderde woonplekke, waardeur mense, wat mekaar eens beledig het op hierdie wêreld, beswaarlik weer saam kan kom - behalwe langs die weg van dooie briewe - oftewel as een van die twee gesterwe het en dus die dood van die liggaam `n ondeurdringbare wand tussen hulle opgetrek het. In sulke gevalle kan net God die sonde in die eintlike sin vergewe, hoewel daarnaas `n sogenaamde onregverdige rentmeester sulke soort sondaars in My naam van diens kan wees. Wat `n slegte of onregverdige rentmeester is, weet julle al. Hy het wel geen reg om die skuld kwyt te skeld nie, omdat hyself `n groot skuld het, maar omdat hy `n werk van barmhartigheid beoefen, reik hy deur hierdie uitoefening `n sluk vars water aan, wat hom vergeld sal word. – Die Aarde, Hoofstuk 72, Paragraaf 7

Desktop Kommentaar