Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

As die arme blinde volk dan die eselsgebalk van so `n valse profeet hoor, dan leer die ervaring dat hele volkskares dit opvolg en op die plek waar die genade uitgedeel word, hoor mens dan gewoonlik `n nog groter eselsgebalk oor wonderwerke en tallose genadegawes en op hierdie manier word die gees van die volk dikwels heeltemal gedood en dan sê Ek: Sulke valse profete sal eens hulle verdiende loon kry; want hulle weet nie en wil nie weet, hoe mens God in gees en waarheid moet aanbid nie. Hulle is niks anders as deur die wêreld geprivilegeerde dienare van Mammon nie. Hul beeld, wat gewoonlik sleg en oneties deur mensehande vervaardig is, is vir hulle meer werd as God; want die beeld bring geld in - maar God nie, omdat Hy tog oral dieselfde is. – Die Aarde, Hoofstuk 72, Paragraaf 12

Desktop Kommentaar