Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Baie mense sê: “Dit sou wel goed wees om na die Godsryk te soek, as dit op een of ander manier makliker en met meer sukses te vinde sou wees en as daar iewers in `n kerk of ander Christelike gemeentes `n werklike regte weg na die ryk van God aangetref sou word." Maar Rome sê: “Ek is die enigste regte weg!", en dit sê ook elke ander kerk op sigself. Gaan mens egter langs een van hierdie weë, wat na die Godsryk moet voer, dan vind mens alles, behalwe die beloofde ryk van God, tenminste nie soos dit hom sou moet manifesteer by elke mens wat dit in erns wou gevind het nie. Daarop sê Ek egter: Wie so spreek, het nie heeltemal ongelyk nie, want as iemand `n saak, al is dit hoe kosbaar, te lank soek en haar tog nie vind nie, dan gee hy mettertyd die soeke en ook die kosbare saak op. Wie se skuld is dit egter? Die van die soekende self, wanneer hy die ryk van God nie daar soek waar dit te vinde is en nie in dit waarin dit te vinde is nie. – Die Aarde, Hoofstuk 70, Paragraaf 1

Desktop Kommentaar