Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[2.8] Beste mense, daarvoor is gesorg! Die beendere by die diere is ook `n vaste organisme; die sappe en die bloed word steeds deur haar vele porieë gedryf en tog hou sy dit teen alle moontlike kragreaksies uit. Dit kom slegs daarop neer dat mense `n bepaalde soort vaste materie het en die is dan vas genoeg ten opsigte van elke in haar ontwikkelde kraguiting.

[2.9] Soos die materie van die ingewande van die diere byvoorbeeld. Hoe dikwels en hoe sterk word hierdie materie benut, en tog hou sy - hoewel sy lyk asof sy baie swak is - ondanks die groot uitings van krag, vir `n geruime tyd onverwoesbaar stand. As julle verder nog die veel teerder organe van die voëls van naderby bekyk, waarin selfs klippe fyn gemaal en verteer word, dan sal dit vir julle nog duideliker word, hoe dit maar net op `n bepaalde kwaliteit van die materie neerkom, wat, stewig genoeg gemaak is, sodat die kragte wat in haar ontwikkel word, sonder skade in haarself kan werk.

Desktop Kommentaar