Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[2.3] Hoe groot, vra julle, sou die hart dan wees? Julle weet immers, dat by My oral vir die verhouding gesorg word wat noodsaaklik is; so is dit ook sekerlik die geval met die hart van die aarde. So groot as wat die aarde is, so moet ook `n, na verhouding groot, hart of swaartepunt in die aarde aanwesig wees, sodat die krag in haar tallose baie kamers opgewek kan word, wat sterk genoeg is om al die verskillende lewensappe van die aarde in die uitgestrekte organe na buite te dryf en, as die sappe hulle diens verrig het, hierdie dan ter verdere versadiging weer na haarself toe te trek.

[2.4] Hieruit kan mens die gevolgtrekking maak, dat die aardhart taamlik groot moet wees; tog kan dit nie noukeurig met `n getal aangegee word nie, om dié rede dat die aardhart - na gelang van die noodsaak - nou eers aansienlik uitsit, dan weer baie sterk inkrimp. Maar so gemiddeld kan die plek van die swaartepunt tenminste op honderd myl in deursnee aanvaar word, al kan dit selfs tot tweehonderd myl verder uitsit en tot vyftig myl inkrimp.

Desktop Kommentaar