Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[2.2] Ek het al gesê dat dit van dieselfde gesteldheid is as van die mens of van een of ander dierlike hart. Die swaartepunt is dus ook, in verhouding tot die groot aardliggaam, `n staande groot aardhart wat, net soos die mensehart, die weefstoel of die werkplek is van die gesamentlike organiese lewe van die aarde.

[2.3] Hoe groot, vra julle, sou die hart dan wees? Julle weet immers, dat by My oral vir die verhouding gesorg word wat noodsaaklik is; so is dit ook sekerlik die geval met die hart van die aarde. So groot as wat die aarde is, so moet ook `n, na verhouding groot, hart of swaartepunt in die aarde aanwesig wees, sodat die krag in haar tallose baie kamers opgewek kan word, wat sterk genoeg is om al die verskillende lewensappe van die aarde in die uitgestrekte organe na buite te dryf en, as die sappe hulle diens verrig het, hierdie dan ter verdere versadiging weer na haarself toe te trek.

Desktop Kommentaar