Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[2.11] As julle sou kan bou, sê dan eers hoe sterk die gewelf sou moet wees om die klokluier te dra? So iets sou julle nie van mekaar kan verkry nie; maar Ek, as Heer van alle dinge, het oral die korrekte verhoudings getref, sodat alle steunpunte vas en bestendig genoeg is, om die op hulle rustende laste met die grootste gemak te dra; en so is dit ook die geval met die organisme wat sorg vir die funksionering van die substansiële hart van die aarde.

[2.12] In die noordelike streke van die aarde sal julle wel dikwels die metaal platina teëkom. Kyk, die metaal het al iets gemeen met die materie, wat as organisme dien vir die heersende sentrale krag van die aarde; tog moet julle nie daarby dink, dat die metaal ook van presies dieselfde materie is, as waaruit die bogenoemde organisme bestaan nie. Ook moet julle nie dink dat die materie van die aarde gelyksoortig sou wees aan die materie, wat die oppervlakte van die aarde vertoon nie; want dit is maar `n uiterlike ongevoelige huid van die aarde, terwyl haar binneste self tot die ongevoelige buitenste kors in verhouding is soos aartjies en bloed ten opsigte van die huid; en daarom kan Ek julle op `n manier wat vir julle begryplik sal wees, niks anders oor die binneste materie van die aarde sê nie as:

[2.13] Dit is `n soort vlees, bloed en beendere; tog moet die dierlike materiaal - waaruit die aarde bestaan - egter nie beskou word as volkome gelyk en op dieselfde manier funksionerend as die van `n dierlike liggaam nie, maar dit is totaal kenmerkend, dus slegs `n soort aardvlees, aardbloed en aardbeendere.

[2.14] Dit sou `n nuttelose werk wees, om hierdie saak verder uit te lê en wel omdat dit onmoontlik sou wees om aan julle in julle liggaamlike toestand `n oortuigende beeld daarvan te gee. Stel julle dus tevrede met wat daar tot nou toe gesê is oor die kwaliteit van die materie van die binneste van die aarde. In die geestelike uiteensetting sal dit alles tog wel duideliker word.

[2.15] Ons het dus nog maar een vraag, naamlik: Aan welke kant van die aardliggaam is die swaartepunt eintlik?

[2.16] Die belangrike antwoord op hierdie vraag sal die onderwerp van ons volgende beskouing wees.

Desktop Kommentaar