Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[0.5] `n Vreemdeling wat in hierdie stad aankom, sien allereers hierdie oral sigbare klok en hy vra aan die eerste wat hy teëkom, hoeveel dryfvere en gewigte hierdie klok wel sou hê. Toe die mens hom antwoord: “Slegs een!", was hy totaal oorbluf en ongelowig en sê: “Dit is onmoontlik! Soveel en sulke verskillende werkings en maar een aandrywingskrag?! Nee, nee, dit kan nie wees nie, dit is onmoontlik!"

[0.6] `n Ander vreemdeling weer, kom en besigtig die klok en verwonder homself bomate toe die mense hom vertel wat die klok alles aan die werk hou. Hy dag dat elke wyserplaat sy eie aandrywingsmeganisme moes hê, waardeur die toring natuurlik net met verskillende klokke volgeprop moes wees. Toe mense hom ewenwel sê, dat slegs een aandrywingskrag alle wysers in beweging bring, word hy baie kwaad, omdat hy gedink het dat die mense hom, vanweë sy onkunde, vir die gek gehou het en hy gaan weg en vra nie verder na die uurwerk nie.

[0.7] En weer kom `n ander uit `n vreemde streek, bewonder hierdie klok en vra na die meester daarvan. Mense gee hom as antwoord; “Die meester van hierdie klok was `n baie eenvoudige boer en dit is nie seker of hy kon lees en skryf nie!"

Desktop Kommentaar