Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

[0.3] Maar naas alles wat hierdie klok op haar wyserplaat vertoon het, het sy ook `n voortreflike slagwerk gehad vir ure en kwartiere en bowendien ook nog `n suiwer klokkespel en vir die uitermate gekompliseerde kunstige meganisme slegs een enkele aandrywingsgewig; kortom, `n soortgelyke klok soos hierdie was ook nêrens ter wêreld te vinde nie!

[0.4] Dit is egter nie ter sake nie, ook nie dat sy so `n veelsoortige diens so besonder goed verrig nie; maar dat al hierdie onderling baie verskillende verrigtings, slegs deur een en dieselfde aandrywingsgewig in die korrekte beweging geplaas was, dit was nou eintlik wat so wonderbaarlik aan hierdie klok was.

[0.5] `n Vreemdeling wat in hierdie stad aankom, sien allereers hierdie oral sigbare klok en hy vra aan die eerste wat hy teëkom, hoeveel dryfvere en gewigte hierdie klok wel sou hê. Toe die mens hom antwoord: “Slegs een!", was hy totaal oorbluf en ongelowig en sê: “Dit is onmoontlik! Soveel en sulke verskillende werkings en maar een aandrywingskrag?! Nee, nee, dit kan nie wees nie, dit is onmoontlik!"

[0.6] `n Ander vreemdeling weer, kom en besigtig die klok en verwonder homself bomate toe die mense hom vertel wat die klok alles aan die werk hou. Hy dag dat elke wyserplaat sy eie aandrywingsmeganisme moes hê, waardeur die toring natuurlik net met verskillende klokke volgeprop moes wees. Toe mense hom ewenwel sê, dat slegs een aandrywingskrag alle wysers in beweging bring, word hy baie kwaad, omdat hy gedink het dat die mense hom, vanweë sy onkunde, vir die gek gehou het en hy gaan weg en vra nie verder na die uurwerk nie.

Desktop Kommentaar