Help

jakob-lorber.cc

Die Aarde

Die toringklok; `n Gelykenis

Ontvang deur Jakob Lorber op 4-6-1847

[0.1] Op `n hoë toring in `n stad laat `n hertog `n pragtige klok inbou. Omdat die toring agthoekig was, laat hy aan elk van die agt vlakke, wat natuurlik tussen die agt hoeke val, `n wyserplaat maak, sodat elkeen vanuit alle moontlike plekke, die korrekte tyd kon sien en so die uur van die dag presies op die minuut en sekonde kon vasstel.

[0.2] Behalwe die korrekte tydsindeling van die uur tot op die sekonde gee die klok ook die dag van die maand aan, die stand van die maan en ook die van die ander planete, asook die daaglikse duur van die lig vanaf die opgang tot by die ondergaan van die son, en bowendien ook die vier jaargetye, maar natuurlik al die astronomiese gegewens op afsonderlike, onder die hoofplaat, vir die tyd aangebringde, astronomiese wyserplaat.

Desktop Kommentaar