Help

jakob-lorber.cc

Hulp

Soekfunksies

Dit is moontlik om na een of meer verwysingsplekke (bv. HG 1.1.1 of HG 1.1.1-3) of om na begrippe te soek. Wanneer na begrippe gesoek word, sal daardie sitate gevind word, wat al die begrippe in die soekveld bevat. Die begrippe kan ook binne een woord voorkom. Daar word nie onderskei tussen groot- en klein letters nie en titels en voorwoorde word nie in die soeke ingesluit nie. Daar kan nie na ‘n enkele letter gesoek word nie. Die soeke kan tot net een boek beperk word.

Die soeke na begrippe kan m.b.v. sekere stuurtekens gedoen word.

Let wel: As stuurtekens gebruik word, dan word tydens die soeke woorde met minder as vier letters nie in aanmerking geneem nie.

+‘n Vooraan geplaasde plusteken dui aan dat die bepaalde woord in elke opgelewerde sitaat teenwoordig moet wees.
-‘n Vooraan geplaasde minusteken dui aan dat die bepaalde woord nie in die opgelewerde sitaat mag voorkom nie.
*Die sterretjie dien as plaasvervanger operateur. Anders as ander operateurs word dit agter die bepaalde woord aangelas. Dit soek vir woorde wat met die woord begin wat voor die "*" operateur staan.
"‘n Soekfrase wat in aanhalingstekens geplaas is, sal net sitate soek wat woordeliks presies met die frase ooreenstem. By tekens wat nie deel vorm van ‘n woord nie, word geen presiese ooreenstemming vereis nie: Die soeke na frases vereis bloot, dat by passende sitate woorde in presies dieselfde volgorde van die gegewe frase moet voorkom. So sal byvoorbeeld beide sitate gevind word, "toets frase" en "toets, frase".
%Alle sitate sal gevind word, wat een van die gegewe woorde bevat. Dit is om die ewe waar in die soekfrase hierdie stuurteken staan.

Voorbeelde

+jakob -lorberSoek sitate wat die woord "jakob" bevat, maar nie die woord "lorber" nie.
appel*Soek sitate wat woorde soos "appels", "appelboom", "appeltert" bevat.
"en nou sê"Soek sitate wat die presiese frase "en nou sê" bevat. Dit sou wees "en nou sê jy", maar nie "en sê maar nou" nie.
%Vader SeunSoek sitate wat hetsy "Vader" of "Seun" as volledige woorde bevat.

Om soekes oor skakels en URL te stuur

Die soeke kan volledig oor ‘n URL gestuur word. Soek eenvoudig die gewensde resultaat en kopieër dan die URL. Die URL kan ook self saamgestel word. Om bv. na "Die Huishouding van God 1.1.1" (Afkorting: HG) te soek, kan die domein bloot net met die byvoeging "/index.php?s=HG1.1.1" opgeroep word. Elke ander soekbegrip kan ook aangestuur word. Om ‘n sekere taal te kies, kan die internasionale taalafkorting met "&I=" aangelas word, bv. "&I=de" vir Duits of "&I=en" vir Engels.

Desktop Kommentaar