Help

jakob-lorber.cc

Skriftekste

[6.3] Jy het hierdie teks geneem en daarmee ook weer die spyker op die kop geslaan. Hierdie teks kan as baie belangrik beskou word. 

[6.4] “Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid.” Wie sien hulle dan, waarmee sien hulle Hom en hoe aanbid hulle Hom?  

[6.5] Hulle sien My, die Heer. Waarmee? Met hulle oë. En hoe aanbid hulle My? Met hulle mond. Waarom aanbid hulle My dan? Omdat hulle deur dié wonder geweet het wie Ek is; hulle weet naamlik dat Ek die Heer is. Hoe weet hulle dit? Hulle weet dit deur My leer en deur My werke en deur die wonder van My opstanding. 

[6.6] Nou sal ons kyk of jul e nie net so maak nie! 

[6.7] Julle sien My weliswaar nie met julle oë nie, maar julle sien My des te meer met julle ore en met die oë van julle siel, synde julle bevattingsvermoë. Want die sien met die oë is wel die minste, omdat waargeneemde beelde baie vlugtig is en nie bly bestaan nie. Soos wat die ou spreekwoord dit korrek uitdruk: “Uit die oog, uit die hart.” 

[6.8] Maar wat julle met die ore waarneem is al duursamer, want `n verneemde woord kan julle elke oomblik presies so weergee as wat julle dit gehoor het. Probeer net dieselfde met `n waargeneemde beeld. Selfs `n bekwame tekenaar of skilder sal moeite daarmee hê om `n waargeneemde beeld presies so weer te gee as wat hy gesien het. 

[6.9] Maar voorwerpe, beelde en begrippe wat via die oor opgeneem is, word getrou onthou. Vanweë hierdie betroubaarheid kan julle spreek, selfs in verskillende tale. So kan julle wat julle eens gehoor of gelees het, ja selfs wat julle gesien het, getrou weergee soos julle dit gehoor, gelees en gesien het, selfs nog na `n lang tyd, sonder dat die indruk vervaag het, terwyl julle via die lig van julle oë nie eens `n beeld wat vir julle duidelik is, natuurgetrou kan nateken nie. 

[6.10] Hieruit blyk tog duidelik dat die waarneem met die oor onvergelykbaar baie hoër staan as die sien met die oog. Dus staan die hoor van die klank van `n woord op `n baie hoër vlak as die bekyk van die uiterlike vorm van `n afbeelding. 

[6.11] `n Blinde kan heel goed `n wyse man wees, maar iemand wat nie kan praat nie, sal dit meestal nie so ver bring nie, omdat dit gewoonlik `n gevolg is van doofheid. En tog het doofstommes gereeld `n skerper gesigsvermoë as diegene wat goed hoor en daarom nie stom is nie. 

[6.12] Hieruit volg dat dit dat waarneming met die oor baie hoër staan as sien met die oog. Sien met die oog kan iemand wel verras en in verrukking bring, veral by seldsame voorwerpe; maar die leer word alleen deur die oor opgeneem. 

[6.13] Hieruit volg dus ook weer dat dit beter is om te hoor as om te sien. Wat deur die gehoor na binne kom, verhelder en orden die verstand, maar wat die oog waarneem, veroorsaak gereeld groot verwarring. 

[6.14] Byvoorbeeld as `n vrou toevallig iets oor `n nuwe mode sou hoor, maar nooit iets daarvan sou sien nie, sou dit haar smaak nie beïnvloed en sou sy haarself nie maklik vir `n nuwe dwase mode gewonne gee nie; maar as sy ook nog afbeeldings daarvan sien, bring dit verwarring in haar goeie eenvoudige smaak en maak die vrou baie gou tot `n dom ydeltuit, wat My meer vererg as tienduisend dwase. 

[6.15] Hieruit blyk dit ook weer dat hoor in elke opsig beter is as sien. 

[6.16] So sien julle My ook elke dag, en wel deur die oor van julle liggaam, as julle My woord lees, en deur die oor van julle siel, wat julle beter begrip verteenwoordig. En omdat julle My op hierdie wyse sien, soos wat Ek ook in julle tot opstanding kom, daarom herken julle My baie goed en aanbid My ook met julle verstand en daarna ook met jul e mond. 

[6.17] Nou vra Ek: Was dit vir diegene wat My na die opstanding gesien en aanbid het, ook al genoeg om die ewige lewe daardeur te verkry?  

[6.18] Die drie vrae wat Ek Petrus gestel het, of hy My liefhet, laat oorduidelik sien, dat die “maar net sien en aanbid” nog nie voldoende is om My ryk binne te gaan en die ewige lewe te verwerf nie, soos dit ewe min voldoende is om maar net “Heer, Heer!” te sê. 

[6.19] Presies op dieselfde manier sien jul e My ook as julle My woord lees en My aanbid, na gelang van die mate van begrip en die opmerksaamheid waarmee julle My woord lees. Jul e kan dus ook sê “Ons sien U en aanbid U!” 

[6.20] Maar Ek verskyn nog `n keer en vra julle, Petrusse, nie driemaal nie, maar meer male: “Het julle My lief?” Dan sê julle mond: “Ja!” Maar as Ek net goed in julle harte kyk, lyk dit gereeld soos `n treurige herfsdag, in allerlei smerige aardse newels gehul, en deur al die newels kan Ek dan nie sien of dié “ja” wel in alle erns met gloeiende skrif in die grond van julle hart geskryf staan nie. Dit kan wel daar geskryf staan, maar waarom is daar soveel newels wat die hart dikwels sodanig verduister, dat mens hierdie lewende inskripsie van liefde tot My, nie goed kan waarneem nie?!  

[6.21] Daarom weg met die newels! Weg met die enkel aanskou en aanbid, sodat hierdie inskripsie, die doen volgens die woord, baie duidelik sigbaar word, en uiteindelik Ekself vanweë die steeds helderder wordende lig van die geheiligde lewende skrif in julle harte! 

[6.22] Wat het die baie lees en begryp voor nut as die handeling agterweë bly? Waarvoor het sien en aanbid sin, as voortdurend daarby gevra moet word: “Petrus het jy My lief?”  

[6.23] Magdalena het My ook gesien; maar Ek het haar nie gevra nie: “Magdalena, het jy My lief?” Ek moes haar juis vanweë haar liefde teëhou; want dadelik by die eerste aanblik het haar liefde vir My al te hewig ontwaak. “Raak My nie aan nie!”, moes Ek aan haar sê, wie se hart by die eerste aanblik in vuur en vlam gestaan het.  

[6.24] Maar aan Thomas moes Ek sê: “Lê jou hand in My litteken!” en aan Petrus moes Ek vra of hy My liefhet. Daar was die “Raak My nie aan!” nie op sy plek gewees nie, want nóg in Petrus en nóg in Thomas het `n hart vir My geklop soos daardie van Magdalena. 

[6.25] Daarom hoef Ek ook nie aan julle te sê: “Raak My nie aan nie!” Maar aan julle sê Ek nog nadrukliker as aan Thomas: “Plaas nie net jou hand in My litteken nie, maar plaas jou oë, ore, hande en voete in My hele skepping, in al My hemele en in al My aan jul e onthulde wonders van die ewige lewe, en glo dat Ek die Een is, Wie dit aan julle gee! En Ek verlang daarom niks anders as dat julle My liefhet nie. 

[6.26] Maar dan sien Ek altyd nog die Petrus aan die oewer van die meer in julle, aan wie Ek steeds moet vra: “Petrus, het jy My lief?” Want in die geloof is julle wel Petrusse, maar nog lank geen Magdalenas en geen Johannesse, aan wie Ek ook nie gevra of hy My liefhet nie; want Ek het goed geweet waarom hy My gevolg het, hoewel Ek nie aan hom, soos aan Petrus, gesê het nie: “Volg My!”   

[6.27] Petrus het My gevolg, omdat Ek vir hom gesê het om My te volg; maar Johannes het My gevolg, omdat sy hart hom daartoe gedryf het. Wat sou nou beter gewees het?  

[6.28] Petrus het jaloers geword op Johannes, omdat hy hom geringer geag het as homself; Johannes was egter deur My verdedig waardeur tegelykertyd bevestig word dat hy sou bly en dit is meer as die “Volg My!” Want dit is beter dat Ek aan iemand sê: “Bly soos jy is”, as dat Ek hom moet gebied om My te volg. 

[6.29] So is ook die ware, daadkragtige liefde beter as geloof, sien en aanbid en ook beter as om baie oor My te lees, baie te begryp, maar daarenteen weinig lief te hê! 

[6.30] Ek dink dat dit ook weer duidelik sal wees; maar die volgende keer tog nog meer sentraalsonne!

Desktop Kommentaar