Help

jakob-lorber.cc

Van die Hel tot die Hemel

[2.191.18] Cado sê: “Og, daar is geen sprake daarvan nie! Die vervelende is net dat mens haar nie meer so gou kan kwytraak nie as sy daar eenmaal is nie!” Robert sê: “Laat ons dit dan probeer verhinder dat sy hierheen kom, want met soveel goddelike krag en mag sal ons tog nog wel uitgerus wees!” Cado sê: Probeer dit, maar ek dink nie dat dit sal baat nie. Sy sal dadelik sê dat ook sy die volste reg het om voor die poort van die Godshuis te verskyn en daar toegang te verlang. Of sy binne gelaat sal word, is trouens `n ander vraag. Laat ons haar maar ongehinderd haar gang gaan en maak asof ons haar nie opgemerk het nie. As sy haarself dan met ons gaan bemoei, dan sal ons haar wel iets kan vertel wat sy sekerlik nie graag sal wil hoor nie. Ons mag ons net nie vriendelik teenoor haar, en nog minder teregwysend-gebiedend gedra nie, maar baie onverskillig, wat sy die minste kan verdra. So sal ons haar die vinnigste kwytraak. Ek glo om haar al byna deur en deur te ken.”

Desktop Kommentaar