Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 4104

[HG 1.2.8] Vir die wêreld is Ek maar ‘n klein held, wat vir niks gehou word nie. Die geleerdes kyk skaars nog oor die skouer vir My en laat vir My byna nie meer die naam van ‘n eerlike mens toekom nie. Maar sommiges het reeds geheel en al van My afskeid geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat vir My, vir net ‘n kort tydjie, nog enkele goddelike trekke oor, maar dan laat hulle hulleself van die wêreldwyses oor iets beter onderrig. Ek word dan onmiddelik as infaam beskou en geld hoogstens nog as ‘n God vir ou vroue. By sommiges van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek net nog as ‘n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hul swart onsinnighede en hul growwe, duister dwaas- en domheid. Sommiges laat My wel nog in My Godheid vassteek; maar daarvoor moet Ek ‘n tydelike voordeel vir hulle, van wat hulle wil, van My laat maak en wat nog die heel ergste is: Ek moet ‘n bare onding wees! Liefde en barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê, as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word as ‘n klip en moet My self laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; My liefde mag net tydelik wees, maar My tirany en die daarmee verbonde uiters skerp regteramp, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige liefde vir My skepsels, deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en lates nie; maar daar sal binnekort ‘n streep deur hulle rekening gemaak word! Hulle rekeninge lê voor My, en die maatbeker van dade het, behalwe vir een, vol geword, en die vergoeding wag vir hulle.

[HG 1.3.2] Jy vra vir My, of daar orals ook mense is, soos hier op aarde, wat jy bewoon, en Ek sê vir jou: Ja, daar is orals mense, wat uit My ingewande voortgaan en My herken volgens die geaardheid van die ingewande; en die wat uit My hande voortgaan en vir My aan My hande herken; en die wat uit My voete voortgaan en vir My aan My voete herken; en die wat uit my kop voortgaan en My en vir My volgens My kop herken en die wat uit my hare voortgaan en vir My aan My hare herken; en die wat uit My lendes voortgaan en vir My aan My lendes herken; en oor die algemeen diegene wat uit alle en elke afsonderlike deel van My liggaamswese voortgaan, en vir My daarvolgens herken. En hulle lewe en hulle saligheid is ooreenkomstig die’ deel, waaruit hulle voortgegaan het, en hulle is almal My skepsels, wat Ek lief het; want Ek is in geheel liefde en is orals die liefde Self.

[HG 1.3.3] Maar die mense op hierdie aarde het Ek uit die sentrum van My hart na vore geroep en het hulle volkome volgens my ewebeeld geskep, en hulle was nie net bedoel om my skepsels te wees nie, maar om My liewe kinders te wees, wat vir My nie as God en Skepper nie, maar net as hulle goeie Vader moes herken, wat vir hulle na ‘n kort proeftydperk weer ten volle na Hom toe wil neem, sodat hulle daar alles moet hê, wat Hy Self het, en by Hom sal woon vir ewig en met Hom heers en oordeel die heelal. Maar sien, al My skepsels het My as hulle Skepper in dankbare vreugde van hul bestaan lief; maar My kinders wil nie hulle Vader hê nie en versmaai Sy liefde!

[HG 1.3.5] Jy vra alreeds weer vir My, hoe dit dan moontlik is? O ja, sê Ek vir jou, dit is baie moontlik! Sien, al My skepsels hang aan My mag, maar My kinders hang aan My liefde! - My mag gebied en dit gebeur; maar My liefde wens net en gebied in alle sagmoedigheid die vrye kinders, en die vrye kinders verstop hulle ore en wil nie die aangesig van hulle Vader aanskou nie. Daarom, omdat hulle vry is, soos Ek dit is, kan Ek vir hulle nie help nie, indien hulle dit nie wil nie. Want My mag gaan oor alles; maar My wil is onderdanig aan My kinders. Maar dit moet elkeen agter sy ore skryf: Ek is julle Vader, maar is ook julle God, en behalwe vir My is daar niemand meer. Wil julle My as Vader of as God? - Julle dade sal vir My die beslissende antwoord gee.

[HG 1.3.19] Want sien, My skepsels, wat niks beteken, vernietig Ek oombliklik en vernietig hulle vir ewig; maar vir My kinders het Ek ook volop strawwe en wil die ongehoorsaamheid tugtig tot op die laaste druppel van hulle bloed, en hulle sal dan beslis herken, dat Ek ten minste die Here in die huis is, indien hulle My dan nie as die liefdevolle, heilige Vader wil herken nie.

[HG 1.4.2] Want sien, as julle vergifnis vir julle sondes wil hê, dan sal vir julle vergewe word, wanneer julle ware boete deur Jesus, wie My lewendige woord en die liefde in My is, sal doen, en die poorte van die hemel sal vir julle oopstaan, en wanneer julle wil inkom, kan julle inkom en daar die aangesig van julle heilige Vader, die ewige God Jehova, die Eks is, aanskou.

[HG 1.5.15] En die twee en die’ wat uit hulle ontstaan het, sowel as die sewe, wie se getal geregverdig was, was getrou aan hulle nederigheid gevind en was opgeneem in die kringe van die mag van God; en die Liefde het gesien, dat hulle as rein bevind was, en was bly oor hulle volmaaktheid. En sien, die krag van die Godheid in die Liefde het opgestyg, en die Godheid het beweeg, en die skepsels het die beweging van die Godheid waargeneem, en die Godheid het na Sy Liefde beweeg, en vir die skepsels is die oë oopgemaak, en hulle het vir die eerste keer die ewige Liefde gesien.

[HG 1.5.17] Nou het die Godheid geroer, en die skepsels was bang vir die Godheid, en die Liefde het hulle vrees gesien en bevind dat hulle vrees geregverdig was, en die vrees het hulle gehoorsaamheid geword, en die gehoorsaamheid was hulle nederigheid, en die nederigheid was hulle liefde, en die liefde was hulle wet, en die wet hulle ewige vryheid, en die vryheid was hulle lewe, en die lewe hulle saligheid vir ewig.

[HG 1.5.18] Nou sien, die ewige Liefde het met hulle gepraat, en hulle het die woord verstaan! Toe het hulle tonge los geraak, en die eerste woord, wat oor hulle lippe gekom het, was ‘Liefde’. En die Godheid het gehou van die toon van hulle spraak; en die Godheid was geroer deur die Liefde, en die beweging het in die skepsels vorm aangeneem, en die vorm het ‘n toon geword en die toon was die tweede woord en heet - ‘God’.

[HG 1.5.19] En nou eers was die skepsels vervolmaak. En die Liefde het vir die skepsels gesê: “Die eerste onder julle het verlore gegaan; daarom neem Ek sy plek in en sal vir ewig onder julle wees!”

[HG 1.5.36] Daardie Liefde sal baie vrugte bring en sal opswaai na die lig van genade en sal, nes die pole, met volle aangesig die onmeetbare dieptes van die Godheid, wat in die oneindige ruimte van die skepping deur die Liefde na God opkyk, aanskou, en met wye oë die sagte strale van alle onmeetbare ruimtes opsuig, waarin daar ontelbare wesens van die barmhartigheid kring, elkeen volgens sy eie geaardheid, en daardeur oor verwondering en vreugde in hulle liefde tot die Liefde en vir die Liefde ontsteek en nes ‘n son self liggewend word soos die lig van die pole van die aarde.

[HG 1.6.9] Julle moet soos die winter wees, wat koud is in die rus, maar daarom ook die meeste geskik is vir die opname van warmte tot in die diepste dieptes van die aarde. En by wie die winter aangebreek het, by hom sal ook die lente aanbreek, soos dit is met die eerste lewe van die Liefde in julle, en sal die somer in sy volste daadkragtigheid uit die lewe van die Liefde aanbreek, wat in julle sterk geword het deur die genade, en sal die rustige herfs met die vrugte van werke uit die Liefde en genade aanbreek, waarin julle dan as heel nuutgeborenes in die lewe van die son sal ingaan, om die aangesig van julle heilige Vader te aanskou en om soos die son vir alle wêreld deur die groot krag van die genade, die liefde en die barmhartigheid van die oorgoeie, heilige Vader, te skyn.

[HG 1.8.1] En sien, toe het die ewige Liefde Haar aangesig verberg, en het volgens die getal van orde vir ‘n bepaalde tyd weggegaan en was uit die diepte van barmhartigheid blind en wou en kon nie weet, wat die nuwe skepsels in die oordeel van die Godheid deur die Liefde van barmhartigheid vir die proef van hulle vryheid gedurende die kort tyd op aarde, sou doen nie. En die plek, wat aan hulle as woning op die vaste land gegee was, was ‘n vallei en was ‘n tuin en was die Paradys genoem; en dit was die land, wat later van melk en heuning oorgeloop het, en was tydens die groot tyd van tye die plek van die grootste daad van die ewige Liefde en het Bethlehem geheet en sal vir ewig so heet, en was die punt, waar die ewige woord, vir die eerste keer in die vlees, liggaamlik die lig van Sy genade, die druppel van barmhartigheid wat deur die wye son, die maan en al die sterre, uitgestraal word, aanskou het.

[HG 1.9.9] En sien, toe kom dit tot ‘n hete geveg tussen die ewige Liefde wat deur die berou en treur van die skepsels barmhartig geword het en tussen die grimmigheid van die Godheid wat alles ter versoening van Haar onomkoopbare heiligheid, wil vernietig.

[HG 1.9.14] “Watter nut het die geween en gewoed op aarde vir My, wat die gehuil van die mane, wat die weeklaag van sonne, en die jammerlike geskree van die sterre?! Want Ek is alleen, verlate deur My Liefde, wat teenoor My ontrou geword het en het van My af weggegaan na die aarde, die tweevoudige uitwerpsel van boosheid! Wat sal Ek doen sonder Haar? Daarom wil Ek al Haar werke van die fondamente af vernietig, sodat daar niks is, wat My Liefde vir alle toekomstige ewighede der ewighede van My af sal kan wegtrek en verwyder nie! En Ek sal God bly, die Allenige, in alle ewighede van ewighede, soos wat Ek was vanaf ewighede der ewighede; en jy, bouvallige gebou van die skepping van My Liefde wat swak geword het, stort in klein puinstukkies inmekaar, in niks, sodat Ek My Liefde weer kan terug vind en vir Haar weer deur die mag en krag van My ewige heiligheid kan versterk. Amen!”

[HG 1.9.16] En die nuwe skepsels het van angs gebewe tydens die vreeslike aanskouing van hierdie groot, vernietigende verskriklike skouspel, waarvan die omvang nooit deur ‘n geskape gees in sy volheid verstaan sal word nie; want dit was oneindig.

[HG 1.10.1] En sien en luister en begryp en verstaan goed, wat die ewige Liefde toe gesê en gedoen het. - Toe die goeie, heilige Vader met groot erns Sy toespraak voltooi het, deur genade bo geregtigheid te verkondig en om vir hulle, wat die wette van die oorgroot genade sal oortree, met die oordeel te dreig en om die dood vir die sonde te gee, was die ewige Liefde tot in die binnenste van haar barmhartige hart ontroer en het vir die tweede keer trane van medelye en trane van die mees innerlike vreugde en saligste genoeë oor die groot, behoudende genade van die oorgoeie, oorheilige Vader geween en het toe met die diepste ontroering van Haar hele wese vir Adam en Eva gesê:

[HG 1.11.13] Want die aarde en alles, wat daarop was, was onderdanig aan die wil van Adam, en die see en al die waters was selfs aan die kleinste wenk van Adam getrou gehoorsaam en was van die oppervlakte tot op die diepste bodem aan hom onderdanig en die see het met eerbied vir die voet van sy meester sy rug aangebied, om daarop na willekeur te kan wandel; en al die winde was onderdanig aan hom, en alle diere van die waters, die vaste land en die lug was gehoorsaam aan sy stem.

[HG 1.13.3] En met hierdie beskouinge het hy aan die oewer van ‘n groot rivier gekom, waarvan die naam ‘Eheura’ of ‘Dink aan die tyd van Jehova!’ was - want dit was wat die sterk stroom uitgeroep het -; maar Adam, diep in gedagtes oor die wêreld, het dit nie opgemerk nie en het ook nie die betekenis van hierdie roepstem van die malende vloede van die rivier verstaan nie.

[HG 1.13.32] Toe het Adam weer op sy aangesig neergeval en het baie hardop geween en geskreeu: “Here, Jy almagtige, groot God in Jou groot glorie en alle heiligheid, moet nie heeltemal die hart van jou onbeperkte liefde en barmhartigheid vir my swakkeling sluit nie, en gee vir my die nodige krag, sodat ek, die mees onwaardige, vir jou oordeel volgens Jou allerheiligste wil, aan wie al jou skepsels onderdanig is, soos ek, van kop tot tone, een is, kan vlug. Here, luister na my gepleit!”

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Desktop Kommentaar