Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

Hoofstuk 9: Die oordeel van die Here

[1.9.1] En sien, toe het die ewige Liefde deur die mag en krag van Haar barmhartigheid die hand van mag en die hand van krag van Haar oë van die alles verhelderende genade, weggetrek, en die lig van genade het wesenlik in die grot, waar Adam geween het, en agter die doringbos, daar waar Eva getreur het, gedring.

[1.9.2] En die trane van Adam - was in die skoot van die aarde bewaar - en was genoem en word genoem ‘Thummim’ of stene, waaruit die lig van die sewe Geeste van God figuurlik straal, en het deur die lig van genade uit die warmte van die Liefde geset, nes sy regverdige berou as blywende teken van die toekomstige wedergeboorte, soos dit volgens hierdie trane van Adam moet wees, geskik vir die opname en gedeelde mooiste weerkaatsing van die groot lig uit die genademeer van barmhartigheid van die ewige Liefde en moet die volle hardheid van versoekinge van die wêreld kan weerstaan.

[1.9.3] En die trane van Eva wat treur, is in die aarde agter die doringbos bewaar en is gekleur volgens die blos van haar regverdige skaamte deur die misbruik van die heilige Liefde van Adam in haar, gekleur.

[1.9.4] En die ewige Liefde het gesien, dat elke traan van Eva voor Adam, die seun van die barmhartige Liefde, geregverdig was; en die warmte van die ewige Liefde het die trane tot stene geset, en die naam was ‘Urim’, as ‘n sinnebeeldige teken van die regverdige treur van Eva. En sien, ‘n traan het op die doringbos wat haar afgeskerm het, geval, en sien, die’ traan was ‘n gevolg van die verlore onskuld en het die andersins wit blommetjie van die struik gekleur; en die blomme was rooi gekleur as teken van die verlore onskuld van Eva. En nou sien, soos die mense nou al die gewasse van die aarde ken, - maar die ware betekenis in gees en waarheid ken hulle nie, en sal dit ook tot die wedergeboorte nie ken en begryp nie, wanneer hulle die barmhartigheid van die ewige Liefde deur die genade van verlossing in hulle, hulle eie gemaak het.

[1.9.5] En nou sien nog ‘n geheim, wat as gevolg van die sondige hoogmoed van die kinders van die wêreld, begryp moet word! En sien, twee blomme van die struik was deur die onskuldig geregverdigde traan van Eva bevrug, en het die seën van die ewige Liefde deur die stormagtige tye gedurende die groot oorloë van Jehova met die volkere van die aarde, getrou bewaar, en het tydens die loslating van die genade van bo die vrou van Abraham lewendig gemaak, as voorbeeld van die groot werke van die barmhartige Liefde, en het die vrou van Zacharias lewendig gemaak as die werklike voltooiing van die grootste van alle dade van die barmhartige Liefde van die ewige God.

[1.9.6] En nou keer jou oë weer terug na Adam en na Eva, en kom soek hulle saam met My, en kyk, hoe Ek, die ewige Liefde, hulle gevind het, naak, verlate, huilend en treurend in regverdige berou en regverdige skaamte, en roep vir Adam en trek vir Eva na vore.

[1.9.7] En sien, hulle het nie die moed gehad, om die aangesig van hulle Vader te aanskou nie; want hulle was deur ‘n groot donderslag van die dodelike oordeel uit die diepte van die grimmigheid van die Godheid, verskrik.

[1.9.8] En die toornvlamme van God, die Oneindige, het deur alle eindelose ruimtes vreesaanjaend tot op die aarde gerol, waarop die groot Liefde nou by haar gevalle kinders vol berou en treur, en wat deur haar barmhartige genade geskep was, gestaan het.

[1.9.9] En sien, toe kom dit tot ‘n hete geveg tussen die ewige Liefde wat deur die berou en treur van die skepsels barmhartig geword het en tussen die grimmigheid van die Godheid wat alles ter versoening van Haar onomkoopbare heiligheid, wil vernietig.

[1.9.10] Want sien, die toornvlamme van die grimmigheid van die Godheid, het vinniger as weerlig op die aarde neergestort, het tot in die middel daarvan gedring en het dit in en aan alle oorde en plekke ontsteek, en die verterende vlamme het tot by die maan, tot by die son gedring, - ja ook alle sterre was omsluit! En sien, toe was die hele, onmeetbare oneindigheid ‘n meer van vuur, en vreeslike donderslae het deur alle eindelose ruimtes gerol, en die aarde het geween, en die see het gewoed, en die maan het gehuil, en die son het weeklaag, en alle sterre het, gedruk deur te groot angs van smart vir ewige vernietiging, harder as die donderslae geskree en hul groot stemme het vreesaanjaend dreunend uit die eindelose dieptes van die grimmigheid van die Godheid weerklink, en die stemme het geroep:

[1.9.11] “Groot, verhewe God, bedaar Jou groot toorn, en blus die vernietigende vlamme van Jou oorgeregverdigde grimmigheid, en spaar diegene wat geen skuld aan die skending van Jou heiligheid het nie; want die vuur van grimmigheid van Jou toorn sal die regverdiges vernietig en sal die ewige Liefde in Jou vernietig en sal vir Jouself in Jou oorgroot mag en krag van heiligheid, gevange neem!”

[1.9.12] En sien en hoor met oop oë en oop ore, wat die toorngrimmigheid van die Godheid gesê het; maar hierdie taal het niemand, behalwe die ewige Liefde, verstaan nie, wat tydens die uitbreek van die toorngrimmigheid van die Godheid, die berouende pas geskape paartjie op die huilende aarde beskerm het en het die groot toornvlamme van grimmigheid afgeweer, om die plek van berou van Adam en die plek van treur van Eva, deur die groot mag en krag van barmhartigheid op te raap.

[1.9.13] En nou luister en verstaan goed die vreesaanjaende woorde van die toorn uit die diepte van grimmigheid van die Godheid, en dit lui:

[1.9.14] “Watter nut het die geween en gewoed op aarde vir My, wat die gehuil van die mane, wat die weeklaag van sonne, en die jammerlike geskree van die sterre?! Want Ek is alleen, verlate deur My Liefde, wat teenoor My ontrou geword het en het van My af weggegaan na die aarde, die tweevoudige uitwerpsel van boosheid! Wat sal Ek doen sonder Haar? Daarom wil Ek al Haar werke van die fondamente af vernietig, sodat daar niks is, wat My Liefde vir alle toekomstige ewighede der ewighede van My af sal kan wegtrek en verwyder nie! En Ek sal God bly, die Allenige, in alle ewighede van ewighede, soos wat Ek was vanaf ewighede der ewighede; en jy, bouvallige gebou van die skepping van My Liefde wat swak geword het, stort in klein puinstukkies inmekaar, in niks, sodat Ek My Liefde weer kan terug vind en vir Haar weer deur die mag en krag van My ewige heiligheid kan versterk. Amen!”

[1.9.15] En sien, toe ontbind die bande van die skepping in alle ruimtes van die oneindigheid van God, en stukke puin het onder ‘n groot geraas van donderslae deur die wye ruimtes getrek, geween, gewoed, gebruis en gesuis, tot by hulle vernietiging in die dieptes van dieptes, en dit was die aarde self, wat ook as vernietig, in die wye skoot van die barmhartige Liefde gelê het.

[1.9.16] En die nuwe skepsels het van angs gebewe tydens die vreeslike aanskouing van hierdie groot, vernietigende verskriklike skouspel, waarvan die omvang nooit deur ‘n geskape gees in sy volheid verstaan sal word nie; want dit was oneindig.

[1.9.17] En nou sien en luister verder, wat die barmhartige Liefde toe gesê en gedoen het! Verneem die woorde van die Liefde in Haar mag, en aanskou die groot dade van barmhartigheid in Haar krag, en hoor en verstaan die woorde, wat daar lui:

[1.9.18] “Groot, almagtige God van alle mag, alle krag en alle heiligheid! Trek terug Jou groot toorn, en blus die vuur van Jou alles vernietigende grimmigheid, en luister in die rus van Jou heiligheid na die woorde van Jou ewige Liefde, wat die enigste lewe in Jou is, ewig soos Jy en magtig en sterk soos Jy uit Haar en Sy uit Jou, en moet nie die lewe in Haar en daardeur ook vir Jou en vir Haar vernietig nie, maar laat genade voor geregtigheid geskied, en laat die Liefde jou tevrede stel, en vra versoening vir Jou beseerde en gekrenkte heiligheid, en vir Jou Liefde sal geen offer te groot wees, wat Jy van Haar sal vra vir die ewige versoening van Jou heiligheid nie!”

[1.9.19] En nou sien en luister en verstaan goed, wat daarna gebeur het en wat die Godheid daarop geantwoord het! Die vuur het bedaar, en uit alle ruimtes het ‘n sagte asem gewaai, gemeng met nog sterk rollende donderslae, wat deur die vlieënde puinstukke van die wêrelde wat uitmekaar gebreek het, veroorsaak was, en wat van een onmeetbare ruimte tot ‘n ander nes groot weerligte brandend geflikker het. En die Liefde het die donderslae van God verstaan, wat met heftigheid gesê het:

[1.9.20] “Ek wil al die skuld op Jou plaas, nes die wêrelde se puinstukke op die aarde sal val, en Jy sal die smag van My heiligheid delg, wat die ewige band is tussen My en Jou! En sien, Ek vervloek die aarde, sodat geen vlek My heiligheid sal besoedel nie, en Ek, nie soos Jy, ‘n onheilige God sal word nie; en hierdie vloek sal deel van jou skuld gemaak word, wat Jy op Jou sal neem, om My heiligheid te delg en om die aarde met Jou bloed, van die vloek van skande deur die sonde van Adam, skoon te was!”

[1.9.21] En sien, luister en verstaan goed, wat daarop die Liefde geantwoord het en soos volg gepraat het: “Groot, oorheilige God van alle mag en krag! Dit sal gebeur volgens Jou woord!”

[1.9.22] En sien, toe het skielik al die vuur op die aarde en in al die skeppingsruimtes, geblus! En die stukke puin van sonne, aardes en mane wat vernietig was, is weer deur die mag en krag van die Godheid wat die Liefde aangehoor het, bymekaar gevoeg en het georden geraak, soos wat hulle in die begin van hulle bestaan georden was; maar as ewige teken het hulle die ongeneesbare merke van hulle destydse totale vernietiging behou, nes die merke van die ewige Liefde, wat later in die groot tyd van die tye, vir almal aan die kruis gebloei het.

[1.9.23] En hier en daar het nog stukke van ander wêrelde op die oppervlakte, en in die dieptes van die seë van die aarde bly lê, as teken van die mag en krag van God maar terselfdertyd ook as sprekende getuies van die oorgroot dade van die barmhartige Liefde.

[1.9.24] En sien en luister verder en verstaan dit goed, wat nou verder gebeur het: Toe nou die ewige Liefde die voorwaarde aangeneem het en daardeur reeds vooraf aan die vereiste van die groot heiligheid van God voldoen het, toe laat die Godheid in ‘n sagte gesuis en gewaai, weereens net vir die Liefde verstaanbaar, Sy heilige wil verneem en sê in ‘n toespraak vol van ‘n saggeaarde stem, die volgende:

[1.9.25] “Sien, Jou groot barmhartigheid het in My na bo gekom en staan voor My alsiende oë, en Ek het in die rus van My heiligheid Jou groot opregtheid en ewige trou erken en het die druppels van berou van Adam en die druppels van treur van Eva getel en het deur Jou groot barmhartigheid deur en deur jammer geword.

Desktop Kommentaar