Help

jakob-lorber.cc

Die Huishouding van God

[1.10.15] En hierdie offer van julle harte vir ontvangs van My genadeseën, is vir julle as ‘n heilige taak gegee, wat julle altyd, wanneer julle mekaar ter wille van My seën nader, aan My verskuldig sal wees. Hierdie nuwe en maklike gebod, wat julle so pas uit My mond ontvang het, is die eerste kerk, wat Ek voor julle ter herdenking aan My stig, en sal vir julle in dankbaarheid aan die dade van die barmhartige Liefde herinner en sal vir julle na die heilige vrees vir God, terug lei!

[1.10.16] ‘n Gees sonder sonde met ‘n vlammende swaard in die hand, wil Ek vir julle van bo stuur, sodat hy vir julle sal lei en die hele aarde, vanaf een hoek daarvan tot die ander, sal wys; en hy sal vir julle die dwalinge van die wêreld verlig en ook vir julle tugtig, wanneer julle van My weë sal afwyk.

[1.10.17] Dit alles sê vir julle die ewige Liefde in die naam van die heilige Vader, amen.”

Desktop Kommentaar