Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[6.245.11] Ons het by die groot huls as gemeenskaplike omhulling van al die tallose talle al-alle bly staan. Hoe die omhulling tot stand gekom het, het Ek julle al kortliks aangedui. Maar waarom was hulle gevorm?

[6.245.12] Kyk, alles wat een geheel vorm, van die grootste tot die kleinste, het ter bedekking en ter beskerming van sy uiterste kunstige binneste `n omhulling! Hierdie omhulling het egter ook nog die baie belangrike doel om die onreine van die binneste meganisme van `n lewende liggaam in hom op te neem en as iets wat vir die organiese lewe ondeugdelik is, na buite te bring, maar daarvoor dan van buite af gesuiwerde lewensvoedingsstof op te suig en ter versterking van die lewe aan die inwendige, organiese liggaamslewensmeganisme toe te voer. Daaruit kan julle vir julleself nou in elke geval `n duidelik begrip vorm waarom ek die geheel van sonne- en wêrelde-al-al kompendium `n omhulde bol of 'hulssfeer' noem.

Desktop Kommentaar