Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

Hoofstuk 60

[1.60.1] Na hierdie My aanmerking het ons met gemaklike treë die groot binnehof van die kasteel bereik, en al die dienaars kom vir die handelaars uiters verbaas en verleë tegemoet, en die hoofdienaar, die voog van die dienaars, neem die woord op en sê: “Heer, heer, dit is nou ‘n eienaardige ding! Ons kokke kry dit nie reg om kos voor te berei nie; alles misluk! Ons wil tog die tafels ten minste met vrugte en wyn en ‘n regte hoeveelheid brood voorsien; maar die kamers is almal sodanig versper, dat ons nie in staat was, om hulle met alle geweld oop te maak nie! Wat sal ons nou doen?”

[1.60.2] Die handelaar, deels self uitermate verbaas en deels ook ergerlik, sê: “Dit is wat gebeur, indien ek ook net die voet oor die drumpel sit; niks as wanorde oor wanorde! Wat doen dan die kokke! Is dan daar by my nie al dikwels meer as tienduisend gaste bedien nie, en alles het ordelik afgeloop; nou is daar almal saam skaars ‘n duisend, en orals is daar net wanorde! Maar wat sien ek?! By al die vensters kyk jongelinge uit; my kasteel is vol van mense, en jy en jou onderdanige knegte sê, dat daar alle deure van my kasteel gesluit is?! Hoe gebeur dit? Lieg julle en wil julle julle traagheid voor my verbloem, of, indien die kamers gesluit is, wie het hulle gesluit?”

[1.60.3] Die voog weet nie, wat hy daarop vir sy heer moet antwoord nie, en die hele groot dienaarskap is oor die sigbare ergernis van die heer van die kasteel in groot verleentheid en verwarring; niemand het enige raad en weet nie hoe om hulleself te help nie.

[1.60.4] Maar Ek sê vir hierdie handelaar: “Liewe vriend, berus daarby soos wat dit nou is en staan! Sien, toe jou dienaars en wagte vantevore na My in die laan gekom het, omdat jy hulle gestuur het, om vir My te vra, wie Ek is, en wat Ek met sodanige groot geselskap hier kom soek, het Ek as ‘n Heer van jou verwag, dat jy vir ons almal ‘n goeie middagete moet gee! Toe was jy vinnig toe daartoe verbind, alhoewel jy nie geweet het wie Hy is, wat Hom die reg toegeëien om van jou vir so baie gaste ‘n middagete te vra.

[1.60.5] Jou dienaars sowel ook jy, het vir My aanvanklik vir ‘n vors uit Rome gehou en was derhalwe des te meer ywerig, om My wens na te kom; maar toe jy in die verloop van ons baie leersame gesprek in jou erkentenis daarheen gebring was, dat Ek die Messias is, was jy in jou hart baie bly daaroor en het in jou hart des te meer daaraan gedink, om vir My en die hele geselskap ten beste te bedien, sodat dit vir My moet geval, om by jou te bly, totdat jy jou vermeende weermag teen die Romeine uit Bo- en Agterasië bymekaar sou gebring het, om dan onder My leiding al die vyande, wat daar pure heidene is en nie aan die lewendige ware God glo nie, uit die land van God te verdryf!

[1.60.6] Toe jy dit in jou gemoed besluit het, het ook Ek in die geheim iets besluit, en dit is, dat jy nou My gas, alhoewel in jou huis, en nie Ek jou gas sal wees nie! Ek het derhalwe vir My voortreflike dienaarskap ‘n opdrag gegee, en sien, alles is nou in die beste gereedheid, en jy sal vandag aan My sy met egte kos uit die hemel gevoed word!

[1.60.7] Maar jou tuine se vrugte en wat jou kombuis opgelewer het, moet jy vir die grootbekke uit Sichar wat net afbrekende kritiek lewer en daar agter in die laan ronddrentel en van ergernis nie weet hoe om hulleself te help nie, omdat hulle nie tot die genooide gaste behoort nie, voorsit! Ek meen, dit sal nie vir jou enige kommer berei nie; want sien, indien Ek by iemand ‘n opregte wil sien, dan neem Ek sodanige wil onmiddelik as die voltooide daad aan! Maar by jou het Ek ‘n opregte wil opgemerk en het vir jou derhalwe van die groot uitgawe van jou werk bevry. Want Ek is ryker as jy en wil dus nie vir my deur jou laat versadig nie, maar Ek wil hê, dat jy deur My versadig moet word!”

[1.60.8] Hier maak die handelaar groot oë en sê na ‘n rukkie van ‘n dieper nadenke: “Heer, dit is vir ‘n arme sondige mens te veel op een slag! Ek kan die wonderwerk in al sy grootte en diepte nie begryp nie! Indien jy net ‘n mens sou wees, net soos wat ek ‘n mens is, sou dit nie vir jou moontlik wees nie; want ek het geen kosdraers in jou geselskap opgemerk nie. Maar waarvandaan kon jy dan op ‘n natuurlike weg die kos geneem het?! Ek het ook voorheen ‘n paar van die mooiste dienaars - of altans dienaresse? - in jou geselskap opgemerk en sien hulle, presies dieselfdes nog steeds; maar waarvandaan het dan hulle gekom? Daar is baie kamers in my kasteel, en baie is uiters ruim; daar kan maklik tienduisend mense gehuisves word. Maar orals sien ek net daardie mooiste dienaars uit die vensters na ons afkyk! Ek vra dus weereens: Waarvandaan en wanneer het hulle gekom?”

[1.60.9] Sê Ek: “Vriend, wanneer jy jou huis verlaat en na ‘n ander land reis, om daar te koop of om te verkoop, dan neem jy ook as hulp ‘n paar dienaars saam en laat hulle vir jou dien; en sien, net so doen Ek dit ook! Ek het uiters baie van hulle; die getal sal jy beswaarlik ooit kon begryp. Wanneer Ek dus nou uitgaan, waarom moet My dienaars en knegte by sodanige geleentheid by die huis bly?!”

[1.60.10] Sê die handelaar: “Heer, dit is alles heeltemal volkome in orde; maar ek wil net weet, waarvandaan jy en al hierdie jou heerlikste dienaars gekom het. Ek is begerig om dit uit te vind.”

[1.60.11] Sê Ek: “Laat ons eers middagete geniet, en daar sal wel nog voldoende tyd wees, waartydens jy beter daaroor ingelig sal word. Maar vir eers het ons reeds genoeg gepraat, en dit is nou die regte tyd, om ‘n rus en versterking te neem. Laat ons dus in die groot saal gaan wat na die oggend van die kasteel geleë is en nie deur ons van hier af gesien kan word nie, omdat ons vir ons aan die aand se kant van die kasteel bevind, van waar die groot vleuel van die kasteel nie gesien kan word nie!”

[1.60.12] Hier raak die handelaar byna bewusteloos van al die verwondering en sê na ‘n rukkie van hoogste verbasing: “Heer, nou word die saak waarlik te dik wonderbaarlik vir my! Op ‘n tyd het daar wel ‘n oggendvleuel by hierdie kasteel van Esau bestaan, maar dit het sekerlik al bykans twee eeue in die verlede terug gerol, sedert daardie oggendvleuel nie meer bestaan nie; ek en my voorvaders weet skaars meer daarvan. Hoe praat jy dus van die groot saal in die oggendvleuel van hierdie kasteel?”

[1.60.13] Sê Ek: “Eers wanneer jy in hierdie jou kasteel geen oggendvleuel sal vind nie, kan jy praat; maar as jy een sal vind, dan dink en begryp dit in jou, dat by God alle dinge moontlik is! Maar bly stil daaroor en moet nie met My geselskap daaroor praat nie; want vir daardie soort dade is My omgewing nog nie ryp nie!”

[1.60.14] Sê die handelaar: “Waarlik, nou brand ek in alle erns van begeerte, om daardie oggendvleuel van my kasteel te sien, waarvan my oervoorvaders skaars iets gehoor praat het! Die fondasie is wel nog hier en daar sigbaar, maar dit is ook al wat van daardie vleuel van hierdie kasteel, waarvan gesê word dat dit op ‘n tyd baie pragvol was, oorgebly het.” Nou eers loop die handelaar vinnig vooruit, en ons volg vir hom.

Desktop Kommentaar