Help

jakob-lorber.cc

Die Groot Johannes Evangelie

[1.59.1] Sê die handelaar in die loop na die kasteel: “My Heer en my vriend, ek kan dit sien, dat uit jou ‘n suiwer goddelike wysheid spreek, en dit op so ‘n sagte manier, soos ek dit nog nooit uit ‘n menslike mond verneem het nie; maar die nakoming van sodanige jou lering vereis ‘n sterk vertroue op Jehova, waaraan ek, ten spyte van my vaste geloof, ‘n tekort het. Ek weet dat dit Hy is, wat alles geskep het en nou alles lei, regeer en onderhou, maar ek kan dit vir my nie lewendig genoeg voorstel nie, dat Hy as die allerhoogste Gees, in die private omstandighede sou, kon en wil inmeng! Want Hy is vir my te allerhoogs heilig, sodat ek dit skaars kan waag, om Sy allerheiligste naam uit te spreek, nie eers gepraat daarvan dat ek dit van Hom sal verwag, dat Hy in my vuil geldsake Sy almagtig heilige hand as hulp sal aanbied nie!

Desktop Kommentaar